Drie fietsryers sterf buite Oudtshoorn

2010-03-09 01:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

OUDTSHOORN. – Die dood van fietsryers wat gister gesterf het terwyl hulle hul laaste oefenrit voor die Cape Argus-toer gery het, het dié dorp tot stilstand geruk.

Mnre. Frank Nel (60), Jan Eloff (72) en me. Magda van Lill (50) was omstreeks 06:20 op hul fietse saam met nog agt fietsryers op die R62 in die rigting van Calitzdorp op pad toe ’n bakkie in hulle vasgery het. Hulle is op slag dood.

Mnr. Walter Langdon (23) het operasies aan sy regterhand en aan die regterkant van sy liggaam ondergaan om wonde te heg. Volgens die Oudts-hoorn-hospitaal is hy in ’n stabiele en bevredigende toestand.

Dr. Johan Lotter, wat ’n hoofbesering opgedoen het, is na die George- Medi-Clinic oorgeplaas vir ’n breinskandering en waarneming.

Die 62-jarige bakkiebestuurder van Ladismith wat op pad in die rigting van Oudtshoorn was, het ’n vragmotor op ’n reguit pad sowat 9 km buite die dorp verbygesteek, het fietsryers en ’n polisiebeampte op die toneel gesê. Die bestuurder beweer die son het hom verblind en hy het nie die fietsryers gesien nie.

Die fietsryers was almal lede van die Oudtshoorn-fietsryklub.

Dié wat grotendeels ongedeerd is, is mnre. George Fourie, Nico Laas, Hein du Plessis, André Venter en Lourens Theron en sy vrou, Mariaan.

“Ons het in ’n enkelry aan die linkerkant van die pad gery,” het ’n geskokte Venter gesê.

“Die bakkie was skielik voor ons. Ek het uitgeswenk toe ek sien hier kom probleme. Die bakkie het die laaste drie fietsryers getref. Magda was heel agter.”

Volgens Venter is Fourie ongedeerd onder een van die lyke uitgehaal. “Ons het na Magda ook gesoek. Ons het haar lyk tussen die bosse gekry. Haar fiets is aan stukke.”

Die naasbestaandes van die oorledenes was te getraumatiseerd om met die media te praat.

“Dit is vandag oom Frank se verjaardag en die familie sou vanaand vir hom ’n verrassingspartytjie in die Spur gehou het” het mnr. Morné Nel, kantoorhoof van Die Burger in George, gesê.

Die oorledene, Nel se oom, was voorheen bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiekollege op Oudtshoorn. Die oorledene se vrou en die huidige bevelvoerder, sr.supt Riana Nel, was gister erg geskok.

Mnr. Marius Zaayman van Pam Golding-eiendomsagente waar Van Lill gewerk het, het gesê Van Lill se ma, wat op Oudtshoorn woon, is baie geskok. Van Lille het drie dogters, van wie twee in Kaapstad en een op Upington woon.

Me. Beadri Eloff, Eloff se skoondogter, het gesê haar skoonma, Johanna, is erg getraumatiseerd.

By mnr. Essie Esterhuyse se fietswinkel, Oudtshoorn Fietse, het die telefone onophoudelik gelui soos inwoners inligting probeer bekom het oor die ongeluk.

Mnr. Corné Bence, president van die SWD-fietsryvereniging, het gesê motoriste moet meer bewus gemaak word van fietsryers, byvoorbeeld deur middel van bordjies.

Mnr. Robin Carlisle, Wes-Kaapse minister van vervoer, het in Kaapstad gesê sy departement oorweeg nuwe wetgewing wat motoriste sal dwing om ’n volgafstand van 1,5 m agter fietsryers te handhaaf.

Niemand is in verband met die ongeluk in hegtenis geneem nie, maar ’n strafbare manslag-dossier is aangelê.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.