Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Die son het inderdaad altyd oor die Britse Ryk geskyn

2009-09-01 01:05

Ná die Kongres van Wenen in 1875 het die Europese vorste se geskarrel om kolonies in Afrika te bekom byna koorsagtig geword.

Die Europese vorste het eenvoudig die kaart van Afrika rondom ’n konferensietafel verdeel en die probleem waarmee Afrika ’n eeu later steeds geworstel het, geskep, naamlik om sonder enige ander oorwegings stamme te verdeel en tradisionele, natuurlike verdelings te ignoreer.

Engeland was natuurlik lankal in die proses van kolonialisering oor die wêreld heen, want dit was juis in Engeland waar die sogenaamde nywerheidsrevolusie twee eeue tevore reeds begin het.

Met die vestiging van fabriekswese was daar twee kandinale behoeftes: meer grondstowwe en groter afsetgebiede, oftewel markte. Die meganisering van fabrieke het ook ’n ander uitwerking gehad deurdat masjinerie talle werkers vervang het en werkloses het uiteraard ’n belangrike bron vir die aanvulling van die Britse leër gebied.

Met Engeland en Nederland kort op die hakke van die eerste Portugese ontdekkingsreise was die Engelse vlag spoedig in talle wêrelddele ’n bekende gesig. In Suid-Afrika was die tekens van verengelsing duidelik aan die Kaap. Die Britse militêre stelsel van besoldigde soldate in formele militêre eenhede het die kommandostelsel van die NOIK-tydperk vervang.

Die beginsel van die beskerming van huis en haard deur kommando’s is verwerp. Teen 1842 moes die Republiek Natalia swig voor die Britse aanval by Congella. Die daaropvolgende tydperk het die Xhosas telkens met die Engelse soldate gebots in ses grensoorloë. Die Zoeloe-koninkryk was die volgende teiken.

’n Moderne Britse krygshistorikus bekla die lot van die Britse leër in die 19de eeu met: “In three successive years they had to fight against Xhosas (1878), Zulus (1879) and Boers (1880).”

Die geskiedenis van die 19de eeu kan nie in ’n paar woorde opgesom word nie, maar die feit was dat daar Britse kolonies in Noord-Amerika, insluitend Kanada, Australië, Indië, Suidoos-Asië, in die Sjangai-omgewing van China, talle eilande in die Atlantiese Oseaan en natuurlik ook talle kolonies en protektorate in Afrika was. Die doel van dié kolonialisering was altyd gegrond op ’n handelsmotief, maar daar was ook ander onderliggende dryfvere.

Die London Missionary Society het die nuwe wêrelde gesien as sendingvelde en hulle het probeer om die Christelike godsdiens daar te vestig.

Dit was nie altyd verhewe bo politieke oogmerke nie. In die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan verwys word na eerwaardes Reid en Van de Kemp en dr. Philip wat ook ’n twyfelagtige politieke rol gespeel het.

Daar was ook nog ’n bepaalde Britse verwaandheid deurdat deurgaans ’n beskawingsveldtog begin is, maar met ’n rassistiese ondertoon. Die Indiese beskawing, met die klem op beskawing, was baie oud, maar heel verskillend van die Britse siening.

Dit kan tereg gesê word in die tydperk van koningin Victoria was daar Britse imperiale belange rondom die wêreld en dat, omdat die aarde rond is, die son op enige gegewe oomblik geskyn het oor ’n deel van die Britse imperiale ryk.

Die stelling, “the sun never sets on the British Empire”, is dus waar, maar uit ’n moderne demokratiese oogpunt waar waarde geheg word aan menseregte en die reg op selfbeskikking, is dit nie noodwendig ’n vleiende stelling nie. Dit bring ook ’n bepaalde perspektief na die vorige artikel waar die Anglo-Boereoorlog se oorsake uitgespel is as die gevolg van ’n bosing tussen imperialisme en nasionalisme.

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Legal Manager

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Head: Compliance

Gauteng - Centurion
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 307,471.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Ambiente 155kW MY09
2009
R 335,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video