Bok-helde praat 14-jarige moed in

2010-09-03 03:00

’n Jong rugbyspeler van Bloemfontein het sy slegste én beste dag tot nou toe in een week beleef toe sy Springbok-helde hom ná ’n hartoperasie in die hospitaal kom moed inpraat het.

Marius Louw (14), flank van Grey-kollege (Sekondêr) se o.15A-span, is deur die Bokke Pierre Spies en Flip van der Merwe in die Life-Rosepark-hospitaal besoek twee dae nadat hy geopereer is.

Sy ma, Roselle, sê daar is onlangs bevind Marius het ’n vergroeiing in die aorta wat die bloedvloei na die hart onder groot druk plaas.

Hy het Maandag ’n opehartoperasie ondergaan om die vlies te verwyder.

Die operasie is deur die hartchirurg prof. Francis Smit uitgevoer en was ’n groot sukses. Prof. Steven Brown was die kardioloog.

“Marius het die laaste paar wedstryde ’n pyn in die bors ontwikkel. Eers is gedink hy het moontlik ’n probleem met die slukderm, maar nadat sonars en ’n angiogram gedoen is, is vasgestel dat hy ’n vergroeiing in die aorta het.”

Sy pa, Marius, het gistermiddag gesê dit was vir sy seun ’n “groot voorreg” dat die Bokke hom besoek het. Spies is sy groot held en Van der Merwe was soos hy ’n leerling aan Grey.

Marius kan al vandag ontslaan word.

Spies het ’n DVD met sy motiveringsboodskappe aan Marius oorhandig met ’n boodskap op waarin hy hom aanmoedig om te bly glo en altyd vasberadenheid ten toon te stel.

“Dit was ’n wonderlike gebaar deur die twee Springbokke. Aanvanklik was die beslissing dat Marius nie weer rugby sal kan speel nie. Dit was ’n groot skok, want hy wou rugby sy loopbaan maak. Hy moes dit én die hartoperasie verwerk.”

“Dit het egter só goed gegaan dat daar ’n moontlikheid is dat hy weer kan speel.

“Dit gee vir hom rede op hoop,” het sy pa vertel.

Marius, ’n gr. 9-leerling, het elke jaar sedert graad een in die A-span gespeel.

Hy was in sy kort rugbyloopbaan al drie keer kaptein van sy span en het in gr. 7 (2008) die Cheetahs in die A-span (o.13) op die Cravenweek verteenwoordig.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.