Boere help pad regmaak

2012-02-02 22:32

Boere van die Bothaville-distrik, mnre. Andries Els, Salo Joubert en Faan Nel, saam met mnr. James Nkabinde, plaaslike superindendent van paaie, by plaaswerkers en werknemers van die departement van paaie besig om slaggate op die R59 buite Bothaville

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BOTHAVILLE. – Boere wat snags en naweke self moet ingryp om gestrande motoriste op die voosgeryde R59 te help, het hul plaaswerkers gratis tot die departement van paaie se beskikking gestel om die duisende slaggate te help regmaak.

Die pad tussen Bothaville en Hoopstad moes baie jare gelede reeds herseël gewees het, maar dit is nooit gedoen nie. Van die teeroppervlak van dié besige pad is daar nou nie veel oor nie.

Mnr. Faan Nel, voorsitter van die distrikslandbou-unie, sê al die boere wat hy om hulp genader het, het positief gereageer.

Hulle het met mnr. James Nkabinde, plaaslike superintendent van paaie, gaan praat en hul hulp aangebied. Die stuk pad tussen die Humansvlakte-plaasskool en die plaas Ladies Request word nou behoorlik herstel.

Mnr. Andries Els, ’n boer met ’n plaashuis teenaan die pad, sê hy moet bykans elke naweek motoriste te hulp snel wat op die pad gestrand is met meer as een buiteband wat weens die slaggate in die slag gebly het.

Boere sê hoewel die pad baie vir die vervoer van mielies gebruik word, is dit nie net seisoenale verkeer wat dit gebruik nie. “Die pad is ’n lewensaar in die gemeenskap en ’n middelpunt van die Vrystaat tussen die Suide en die Noorde.

Die departement het die pad in 2011 begin herstel, maar net so skielik weer die werk gestaak. Omdat die teerblad baie jare laas verseël is, is dit nie meer waterdig nie en bestaan nou hoofsaaklik net uit slaggate.

“Ons het ons werkers en hulp aangebied omdat hierdie pad werklik belangrik vir elke gebruiker daarvan is. Ons het ’n goeie samewerking met die plaaslike departement, maar wil die provinsie vra om die erns van die saak te besef. Hierdie is net ’n tydelike maatreël. Dit is ook uiters noodsaaklik dat weegbrûe weer op die pad in werking gestel word. Oorlaaide vragmotors is een van die redes waarom dit in die toestand is waarin dit is.”

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.