Boer by sy gesin vermoor

2012-01-23 21:34

Mnr. Francois du Toit van Roossenekal in Limpopo is gisteroggend op sy plaas vermoor. Foto: Daily Mail

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

POLOKWANE. – ’n Boer en bekende in landboukringe is gisteroggend koelbloedig op sy wildplaas buite Roossenekal in Limpopo doodgeskiet.

Mnr. Francois du Toit (38) se vrou, Eunice, en hul twee jong kinders, is daarna deur die aanvallers met kabelbinders vasgebind.

Du Toit was ’n voedingkundige by AlzuVoere in Middelburg, Mpumalanga.

Hy en sy gesin het op die wildplaas sowat 30 km buite Roossenekal gewoon. Sy ouers woon in ’n ander huis op die plaas. Hy het ook saam met sy pa geboer.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het gister ná 01:00 iets buite die huis gehoor.

Hy het opgestaan om ’n pistool uit ’n kluis te kry. Drie aanvallers het intussen die huis ingekom. Dit is nog onduidelik presies waar en hoe hulle ingekom het.

Du Toit is in sy maag geskiet.

Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie mans. Nie een van hulle is gewond nie.

Du Toit is daarna nog ’n keer agter sy een oor geskiet.

Die aanvallers het toe mev. Van Niekerk, die egpaar se seun, Francois (12), en dogter, Stephanie (9), na ’n lapa buite die huis gevat.

Hul hande en voete is met kabelbinders vasgebind. Die aanvallers het twee gewere, twee pistole, geld en selfone uit die huis gesteel.

Hulle het toe in Du Toit se twee Nissan Navaras gevlug. Die swaar gewonde mnr. Du Toit het toe nog geleef.

Nadat hulle weg is, het mev. Van Niekerk, terwyl sy vasgebind was, op die grond aangeskuifel tot waar sy iets kon kry om haar los te sny. Sy het die bure op die tweerigtingradio ontbied.

Mnr. James Language was van die boere wat eerste opgedaag het.

Die bure het probeer om mnr. Du Toit in ’n voertuig te kry, “maar hy is in hul arms dood”, het ’n vriend gesê.

Language wou gister nie uitbrei oor wat gebeur het nie.

’n Vriend van Du Toit, wat nie genoem wil word nie, het gesê hy was baie betrokke by sy medemens. “Hy was ’n goeie, goeie mens. ’n Leier-boer,” het die man gesê. Du Toit was veral bekend onder lede van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

“Dit is verskriklik en baie hartseer wat gebeur het,” het ’n boer wat daar naby boer, gesê.

Volgens Otto het die aanvallers een van die Navaras op die plaas gelos. Die ander voertuig is ’n ent van die plaas gekry. Dit is nie seker of hulle toe te voet gevlug en of makkers hulle moontlik opgelaai het nie.

Die polisie en boere het gister die gebied gefynkam.

Die Du Toit-familie was gister te geskok om oor die voorval te praat. Niemand was teen druktyd nog aangekeer nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.