Boer (23) in hegtenis geneem wat plaasaanvaller ontwapen

2010-03-17 00:53

’n Jong boer van Kroonstad wat ’n plaasaanvaller ontwapen het wat hom met ’n mes aangeval het, is gister summier deur die polisie 48 uur lank toegesluit omdat die aanvaller gaan kla het.

Mnr. Chris Grobler (23) se ouers het teen gister laat alles probeer om hom voor donker uit die polisieselle op Koppies vrygelaat te kry. Die chaotiese regstelsel het hulle erg belemmer. Hy en sy plaasvoorman, mnr. Eugene Lloyd, is saam in die selle aangehou. Die mede-aangehoudenes het teen 20:00 begin om teen hulle te toi-toi.

Mnr. Christo Grobler het gesê drie prokureurs het hul bes gedoen om sy seun vrygelaat te kry. Toe was die polisiebeampte met die dossier soek en daar was kwansuis géén inskrywing in die voorvalleboek dat die polisie hul plaas Saterdag besoek het nie.

Sy vrou, Alta, het toe van hul plaaswerkers gaan haal om verklarings by die Heuningspruit-polisiekantoor af te lê dat hulle – dié einste polisiebeamptes – wél Saterdag op hul plaas was.

Chris het die polisie Saterdag laat kom toe ’n gewese plaaswerker, wat ses maande gelede afgedank is nadat hy motorbatterye gesteel het, moles op die plaas Labri gemaak het.

Die polisie het die man wel verwyder.

Sondagaand was die man terug – dié keer erg aangeklam. Toe Chris hom wegwys, het hy ’n mes uitgepluk en na Chris gesteek. Die jong boer het die mes afgevat en die aanvaller het hard met moederaarde kennis gemaak, het Grobler sr. gisteraand gesê.

Die polisie is weer gebel, maar hulle het nooit uitgekom nie. Die aanvaller se arm is glo beseer en hy het by die polisie gaan kla. Maandag het twee konstabels op die plaas opgedaag.

“My vrou wou weet hoekom hulle nie Sondag opgedaag het nie. Een konstabel het vir haar gesê sy moet haar nie ‘wit hou’ nie.

“Die bevelvoerder van die Heuningspruit-polisiekantoor het vir my gesê as Chris stilgestaan het dat hy raakgesteek is, was die aanvaller in die selle en nie hy (Chris) nie.”

Chris is gevra om gister ’n verklaring by die polisiekantoor te gaan aflê. Hy en Lloyd is kort daarna in hegtenis geneem en in die polisieselle op Koppies toegesluit. Volgens die polisie hier moet hulle ’n “verpligte” 48 uur opgesluit word, al is geen klag teen hulle ingedien nie.

Grobler sr., wat die week op Lichtenburg is, het alles moontlik probeer doen om sy seun vrygelaat te kry.

Sy vrou en Chris se lewensmaat, Angelique, en hul baba van ses maande, Chris, is alleen op die plaas.

“My vrou het die landdros op Koppies gaan sien, die deur toegetrek en sy hulp gevra omdat hulle vrou-alleen op die plaas is.

“Hy het gesê sy hande is afgekap. Ons probeer alles in ons vermoë. Ek weet nie wat in die land aangaan nie.”

Kapt. Msisitheki Selima, woordvoerder van die polisie op Kroonstad, het die voorval aan Johan Brits bevestig.

Hy sê “twee wit mans” het die klaer aangerand.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hier kommentaar of stuur `n brief na cornelia.vdmerwe@volksblad.com.


- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.