Bloedbad op SA plase

2011-02-22 05:31

Meer as 60 moorde is van begin Desember 2010 tot middel Januarie op plase en kleiner boerdery-eenhede in Suid-Afrika gepleeg.

Dié skoksyfer is gister deur mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike veiligheid, aan Volksblad bekend gemaak.

In reaksie sê Botha dit help nie die regering het die stelsels en strukture om mense se veiligheid te verseker, maar niemand veroordeel misdaad in die sterkste moontlike terme nie.

Mnr. Salam Abram, ’n ANC-LP van die Vrystaat, sê dié moorde getuig van morele verval in die land.

“Daar is nie meer respek vir die medemens en ouderdom nie.”

As daar inderdaad ’n gewisse gesamentlike poging bestaan om boere uit te wis, sal die Vrystaatse LUR van landbou en landelike ontwikkeling, mnr. Msebenzi Zwane, ’n kommissie van ondersoek hierná instel. Hy sal dit egter nie doen as dit net normale misdadige optrede blyk te wees nie.

Só het die LUR se woordvoerder, mnr. Life Mokone, by navraag gesê. (Berig op bl.2.)

Die 60 moorde sluit onlangse plaasmoorde uit soos die naweek s’n op die Vrystater mnr. Helgard Muller (66).

Intussen het Muller, van die plaas Mara in die Frankfort-distrik, se vermeende moordenaars die eerste keer in die landdroshof op die dorp verskyn.

Me. Sebongile Mnguni (25) van Frankfort en mnre. Mojalefa Albiner Motloung (32) en Themba Chris Ncala (19), albei van Oranjeville, word aangekla van gewapende roof en moord.

Hul saak is tot 2 Maart uitgestel sodat hulle regsverteenwoordigers kan kry.

Mnr. Hans Pretorius, DA-raadslid van die Mafube-munisipaliteit, sê tientalle boere het gister na die hof opgeruk. Die hofverskyning het vreedsaam en sonder enige oproer plaasgevind.

Nadat die hof verdaag het, het een van die vermeende moordenaars volgens Pretorius met ’n “siniese glimlag” na die boere gekyk.

Pretorius het die boere ná die hofverrigtinge byeengeroep en die polisie vir hul flinke optrede bedank, waarná die boere spontaan begin hande klap het.

Die polisie het die vermeende moordenaars vasgetrek slegs enkele ure nadat Muller Saterdag vermoor is. Muller is in die kop geskiet en op pad na ’n hospitaal in Vereeniging dood.

Volgens sy dogter, mev. Hanneke Coetzee (36), is een van die verdagtes die broer van ’n huishulp op die plaas. Die mans het na bewering Vrydagaand in die huishulp se huis geslaap. Sy was glo nie tuis nie.

Dit is nie seker of sy vir hulle toestemming gegee het nie.

Coetzee sê die familie vermoed nie in hierdie stadium dat die huishulp by die plaasaanval en -moord betrokke was nie.

Botha is tans op Agri SA se konferensie op Somerset-Wes waar plaasmoorde en ander landboukwessies met onder meer regeringslui bespreek word. Die konferensie het gister begin en eindig vandag.

  • Muller word Donderdag om 12:00 uit die Gereformeerde kerk op Frankfort begrawe.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.