Bfn-gesin se huis in brand verwoes

2010-09-03 03:00

’n Geskokte mev. Michelle Jansen gister buite haar huis wat afgebrand het. Foto: Charl Devenish

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Gesin van Bloemfontein het gister verslae gestaan en kyk hoe die brandweer die laaste vlamme blus wat hul huis gedeeltelik in puin gelê het.

’n Hartseer mev. Michelle Jansen het gister aan Volksblad gesê hul gesin het alles verloor.

“My kinders het nie eens ’n bed om op te slaap nie. Ons het net die klere aan ons lyf oor.”

Die Jansens het nie versekering nie en net Jansen se man, Jacques, het werk.

“Ek het gery om die kinders by die skool te gaan haal. Op pad skool toe het ek die brandweer sien jaag, maar glad nie vermoed dis mý huis wat brand nie.”

Die Jansens woon die afgelope twee maande in die huis in Suikerbekkiestraat in Fauna.

Mev. Marietjie Bezuidenhout, wat in ’n woonstel aan die huis bly, sê sy het omstreeks 12:30 wasgoed gewas toe sy rook ruik.

“Ek het dadelik om gestap en gesien een van die ander bure is besig om die brand te probeer blus met tuinslange.”

Bezuidenhout het die brandweer gebel.

Toe Jansen saam met haar skoonma en twee kinders niksvermoedend by die huis opdaag, het die brandweer die meeste vlamme reeds geblus.

Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die brand buite die huis ontstaan en die gordyne het deur die hoofslaapkamervenster vlam gevat.

“Die huis binne het, buiten een klein vertrek, heeltemal afgebrand,” het Marope gesê.

Jansen sê sy het geen idee hoe die brand kon ontstaan nie.

“Nie ek of my man rook nie en ons maak ook nie vuur agter in ons erf nie. Iemand moes iets naby die huis aan die brand gesteek het. Alles is weg,” het Jansen huilend gesê.

Marope sê die polisie ondersoek ’n klag van brandstigting.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Passing showers. Morning clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Showery. Morning clouds. Mild. Bloem: 19-25°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-28°C Heavy rain. Breaks of sun late. Warm. PE: 18-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.7 DTi Club Dsl Utility MY08 PU
2006
R 89,500.00

AUDI

A5 Cabriolet Quattro 3.0 TDi S-Tronic Dsl 7-sp
2010
R 459,000.00

FORD

FOCUS 1.6 Ti VCT AMBIENTE 5DR
2011
R 205,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.