Bekendes lei jou na bestemming

2009-11-20 02:51

Suid-Afrikaanse motoriste kan nou die land se bekendste glanspersoonlikhede in hul motors laai én die skuld op hulle pak wanneer hulle verdwaal.

’n Bloemfonteinse onderneming genaamd GPS Creative het talle bekendes, onder wie die sanger Kurt Darren, die model Minkie van der Westhuizen, Nataniël, Oom Kallie Marie (Casper de Vries) en Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck) opgeneem sodat motoriste dit op hul voertuignavikasiestelsels (GPS’e) kan laai.

In plaas van die gerekenariseerde robotagtige stem wat gewoonlik navigeer, “praat” jou gunstelingbekende se stem oor jou GPS.

“Hi, ek is Kurt Darren, kom ons span die seile, waar wil jy wees?” sê dié sanger wat die treffer Kaptein sing. Wanneer die motoris sy of haar bestemming bereik het, sê Darren: “Laat sak die seile, jy is nou hier.”

Mnr. Kenneth Blair, ’n woordvoerder van GPS Creative, sê die opnames meng standaardaanwysings wat nodig is om ’n bestemming te bereik, met grappies en in hul unieke stemtoon en vertelwyse.

“My naam is Nataniël en ek gaan nou saam jou ry... ’n Mens los nooit ’n kind in ’n kar nie. ’n Kar het ’n spieëltjie. Ek dra nou nog lipstick... Daar’s verkeer voor... Ô... ô-ô... Ek het gewoonlik meer pret in ’n kar wat stilstaan... Hou aan met die pad,” is enkele van Nataniël se GPS-aanwysings.

Oom Kallie Marie (De Vries), se stem sê: “O, gatta patatta. Ek het satellietopvangs verloor... Pas op vir die boetebessietjies...”

Van der Westhuizen sê in Engels: “Wees nou geduldig... Daar is tipiese Johannesburg-verkeer voor...”

Darren het gistermiddag aan Volksblad gesê dit was aanvanklik vir hom vreemd om sy eie stem te hoor sê: “Ry een kilometer aan,” maar nou klink dit vir hom “cool”.

“Dit is ’n baie goeie idee. Ek het net my eie karakter daarin probeer sit. Ek het ingestem om dit te doen omdat dit ’n snaaksigheid is. Ek dink dit sal vir mense lekker wees om so iets te hê,” sê hy.

Dié opnames werk nog net met sekere van Garmin se GPS-stelsels. Mense kan op die webwerf www.gps-creative.com ’n lysie sien.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.