Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Bekende VS-boer wen Zim-saak

2010-02-06 05:11

JOHANNESBURG. – Mnr. Crawford von Abo, bekende Vrystaatse boer, het gister in die hooggeregshof in Pretoria een van die belangrikste regsdeurbrake gemaak vir alle Suid-Afrikaners wat in bepaalde omstandighede skade in die buiteland ly.

In Von Abo se geval was hy een van die slagoffers van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se grondhervormingsbeleid wat allerweë as drakonies beskryf word.

Von Abo het verskeie spogplase in Zimbabwe besit, maar almal is deur die Mugabe-regering sonder vergoeding van hom weggevat.

Gister het regter Bill Prinsloo beveel dat die regering en die minister van buitelandse sake gesamentlik verantwoordelik is vir die geldelike verliese wat Von Abo gely het weens die gebeure in Zimbabwe.

Sy prokureur, mnr. Ernst Penzhorn van Pretoria, het gisteraand gesê die uitspraak is sover sy kennis strek ’n grondverskuiwende uitspraak in Suid-Afrika omdat geen so ’n saak met sulke feite nog in ’n plaaslike hof gedien het nie.

Hy het gesê die volgende stap is nou dat Von Abo en sy regspan al Von Abo se skade uitwerk en dan die eis aan die regering en buitelandse sake oorhandig.

As hulle nie daarmee saamstem nie, sal Von Abo weer die hof moet nader.

“Dit sal waarskynlik nog ’n paar maande duur voordat alles afgehandel is,” het Penzhorn gesê.

Von Abo se sege gister het ’n lang geskiedenis waarin hy in die hooggeregshof in Pretoria ’n bevel in sy guns gekry het dat die regering verantwoordelik was om hom by te staan in sy pogings om die beslagleggings op sy plase in Zimbabwe te keer.

Die geding het selfs in die grondwethof gedraai.

Penzhorn het gesê gister se bevel was ’n “beginselbesluit” deur die hof.

Die uitspraak is in boerderykringe fyn dopgehou omdat verskeie ander Suid-Afrikaanse eienaars van plase in Zimbabwe ook van hul grond ontneem is.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat die Von Abo-beslissing die sluise nou kan ooptrek vir verskeie soortgelyke eise teen die regering.

Von Abo se regspan het in vroeëre hofstukke aangedui sy skade kan tot R500 miljoen beloop.

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Hahahahaha!!!!! 2/6/2010 8:25:26 AM
Laat weet my asseblief as hy n SENT daarvan sien!!!
Adriana Stuijt 2/6/2010 11:08:24 AM
Dit is natuurlik 'n oorwinning vir die ANC-regime, soos Philip de Bruyn dit ook stel, maar die minister en die ANC-leiers sal nie uit hul eie sakke hoef te betaal sodra Von Abo sy rekening presenteer nie: uiteindelik is dit die minder as 3-miljoen belastingbetalers wat die rekening sal moet betaal. Ek is egter wel bly dat die kommersiële boere se eiendomsregte met hierdie baanbrekende Hooggeregshofbevel herbevestig is - en dat die ANC-regering sodoende ook deur die hof oor hul vingers geraps word vir hul weiering om blanke grondeienaars wat in goeder trou hul geld in die buiteland belê het, nou ook die regering verantwoordelik kan hou vir hul weiering om in te gryp -hulle word nou afgestraf vir die SA regering se voortdurende steun aan die Mugabe-diktatuur. Veels geluk aan Von Abo en sy regsspan. Mag geregtigheid in die toekoms ook seëvier.
Andre 2/7/2010 10:18:28 PM
Wel dis net 'n ander manier vir Mugabe om grond weg te neem en vergoed te word, in die NP tyd sou hulle beslis vir Mugabe gaan kuier het. Nou kan Mugabe met 'n geruste hart nog plase terugneem en so SA verder verarm omrede SA regering nou die "verkoopprys" moet betaal.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Engineer Bulk Materials

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 307,471.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 109,990.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Ambiente 155kW MY09
2009
R 335,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video