Bejaarde vrygespreek ná skietdood

2010-09-03 13:54

Die vryspraak van ’n bejaarde man van Koppies op aanklag van moord op sy vrou gister in die rondgaande hooggeregshof hier, het nie net tot ’n emosionele uitbarsting weens uiterste skok, hartseer, bitterheid en ongeloof in die hofsaal gelei nie, maar ook klaarblyklik ’n verdere wig tussen twee broers ingedryf.

Regter G.F. Wright het mnr. Adriaan Bekker (67) van die plaas Spaarveld buite Koppies vrygespreek en ontslaan op aanklag van moord.

Bekker het sy “humeurige” vrou, Felicia Janita (63), op 9 September 2008 in hul huis raakgeskiet nadat mev. Bekker glo met ’n broodmes in sy slaapkamer op hom afgestorm het. ’n Voortslepende geïrriteerdheid met haar “omstandighede” is aangevoer as rede vir dié daad.

Hy het drie “waarskuwingskote” afgevuur, waarvan een die dak getref het. Mev. Bekker is raakgeskiet en is uit die kamer. Sy het in die gang ineengesak. Sy is dae later in ’n hospitaal dood.

Volgens die verdediging het mnr. Bekker sy vrou onteenseglik “uit noodweer” raakgeskiet omdat sy “lewe in gevaar” was. Mnr. Bekker het getuig hy het “waarskuwingskote” afgevuur om sy vrou “skrik te maak”, te “verwilder”. Hy sê hy wou haar nie raak- of doodgeskiet het nie.

Die staat daarteenoor, het die geloofwaardigheid van sy getuienis uitmekaargeskeur.

Regter Wright het skaars die hofsaal verlaat toe mev. Adri Bekker, skoondogter van mnr. Bekker, opgestaan en in ’n emosionele uitbarsting ten aanhore van almal in die hofsaal haar ongeloof en skok uitgespreek het.

“Die boodskap word uitgestuur dat my skoonma ‘mesmal’ was. Sy was nie. Hierdie (verhoor) was ’n mors van almal se tyd en geld,” het mev. Bekker ontsteld gesê.

Haar man, Juan (42), het buite die hof aan Volksblad gesê geregtigheid het nie geskied nie.

Volgens die getuienis van mnr. Juan Bekker, die jongste seun, het die verhouding tussen hom en sy pa ná die skietvoorval “versleg”.

Bekker jr. het ook “nie ’n verhouding” met sy broer, Hugo (43), nie omdat dié nie in die hospitaal was toe hul ma se masjiene afgeskakel is nie.

Mnr. Hugo Bekker wou sy ma nie in dié toestand onthou het nie.

Mnr. Bekker sr. het vanuit sy rolstoel ingegryp toe Hugo in die emosionele uitbarsting na sy skoonsuster gekap het.

Mnr. Bekker sr. het regdeur regter Wright se uitspraak baie moeg gelyk en onrustig in sy rolstoel gesit. Sy oë was toe en sy gesig vertrek van pyn.

Hy het kliphard begin huil toe regter Wright in sy uitspraak uitgelig het hoe lief mnr. Bekker sr. sy oorlede vrou gehad het.
Adv. Jacques Harrington het aangekla.

Adv. Gerhard van Rhyn in opdrag van Otto Krause Ingelyf van Roodepoort het mnr. Bekker sr. verdedig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.