Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood

2010-06-01 00:58

Tom de Wet

WELKOM. – “Dankie, Here, dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil,” was die gebed en van die laaste woorde van die sterwende mev. Alice Lotter nadat sy en haar dogter op 6 Maart 2009, in wat deur geharde polisiemanne as een van die wreedaardigste misdaadtonele van hul loopbane beskryf word, beseer is.

Lotter (76) is kort ná haar aankoms in die hospitaal aan haar beserings dood, en haar dogter, mej. Helen Lotter (57), enkele dae later.

Dié wrede moorde op die twee vroue (mej. Lotter is onder meer met ’n gebreekte bierglas gemolesteer en vermink) het wye reaksie ontlok en mnr. Eugene Terre‘Blanche het tot kort voor sy moord nog in onderhoude na dié grusame moorde verwys. Hy het ook optogte na die hofgebou op Odendaalsrus gelei waar die twee vermeende moordenaars eers verskyn het.

Die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22), die Lotters se tuinier, en Joseph Khumalo (21), het gister hier in die hooggeregshof voor regter S.P.B. Hancke skuld op drie aanklagte van moord en een van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede ontken.

Kapt. Koos Venter, hoof van die speurtak op Allanridge, het gister in die verhoor getuig hy het die nag van 6 Maart ’n oproep van mev. Lotter gekry. Sy het gevra “kaptein, waar is jy?” waarna die telefoon doodgegaan het.

Hy kon nie weer na haar deurkom nie en het in sy motor gespring en van sy huis op Odendaalsrus na Allanridge gejaag.

By die agterdeur het hy op die erg beseerde mej. Lotter op die kombuisvloer afgekom. Haar gesig was vol bloed, van haar tande was uit, sy het ’n bebloede T-hemp aangehad en haar naakte onderlyf was vol bloed. Daar was ’n bebloede mes en skêr op die toneel, sowel as die gebreekte onderdeel van ’n bierglas wat naby haar bene gelê het.

In die eetkamer het ’n erg beseerde mev. Lotter teen ’n stoel aangeleun en was besig om te val. Venter het haar gehelp en op die sitkamermat neergelê.

“Wie is jy?” het sy hom gevra terwyl hy gapende wonde aan haar keel, arms en hande gesien het. Hy het gesê wie hy is, waarop sy gesê het: “Dankie Here dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil.”

Venter het die huis deurgesoek en net op die vroue se twee honde in die een kamer afgekom. Hy het die vroue gemaklik gemaak en nooddienste ontbied. Mev. Lotter het sy aandag getrek en gesê dit is Joseph wat in die tuin werk wat hulle seergemaak het. Sy het vir hom gesê Joseph se besonderhede is in haar paspoort op die eetkamertafel. Sy het nie weer gepraat nie en is kort daarna dood.

Venter, met 31 jaar diens as polisieman agter die rug, het getuig die misdaadtoneel was die wreedaardigste wat hy nóg gesien het.

Hlongwane word onder meer met vingerafdrukke met die moorde verbind. (Lees berig op bl.?4.)

Adv. Sophie Giorgi kla aan, adv. Jan Nkhahle en mnr. Law-rence Chabalala verskyn vir die beskuldigdes. Regter Hancke word bygestaan deur twee assessore, mnr. P. Haasbroek en me. B. Smal. Die verhoor duur voort.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.