Beampte van DKD ontslaan

2012-02-09 22:26

ODENDAALSRUS. – Mnr. Cobus Mouton, beampte van korrektiewe dienste (DKD) op dié dorp wat met Volksblad gepraat het oor sy skorsing en afdanking wat volgens hom onregmatig was omdat hy die departement se staande bevele uitgevoer het, is gister summier ontslaan.

Dié ontslag is net ’n dag ná die berig oor hom en ’n dronk kollega in Volksblad en op dieselfde dag wat mev. Puleng Mokhoane, woordvoerder van DKD, gesê het sy appèl is nog nie afgehandel nie en die departement kan dus nie kommentaar lewer nie.

Volksblad het Woensdag berig Mouton het geweier om ’n gevangene alleen in die hospitaal te gaan oppas. Volgens DKD se staande bevele moet dit deur minstens twee beamptes gedoen word. Hy het teen sy afdanking appèl aangeteken en wag reeds maande vir die uitslag daarvan.

Gistermiddag is ’n brief van die kommissaris aan hom oorhandig waarin hy van sy ontslag verwittig word. Mouton sê hy gaan dit beslis nie daar laat nie.

In dieselfde berig oor Mouton het Volksblad berig oor sy kollega wat helder oordag, in uniform geklee en aan diens, só dronk was dat hy nie op sy voete kon staan nie. Volksblad het foto’s uit ’n video gepubliseer waar duidelik gesien word hoe die beampte op sy boude by die voordeur van die gevangenis uitskuif en wat sy kollegas se kommentaar daarop is.

Mokhoane het gister eers gereageer op ’n navraag wat Volksblad Maandagaand aan haar gerig het.

Sy sê die aangeleentheid rakende die beampte op die video is deur die departement dissiplinêr hanteer. Sy sê wat vir bestuur verrassend is, is dat ’n voorval wat verlede jaar plaasgevind het, nou eers soveel aandag kry.

“Hoe het Volksblad die video en foto’s bekom? Was daar ’n beampte wat sy of haar selfoon ingesmokkel het? Hoekom is dit nie na die bestuur gestuur nie?”

Volksblad het berig dat die selfoonvideo wél onder die bestuur se aandag gebring was en by die DKD se kantore op Odendaalsrus, Virginia en Kroonstad gesien is.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.