Baba tuis, maar blind

2010-05-21 00:19

JOHANNESBURG. – Baba Marzanne Kruger, wat sowat ’n maand gelede in haar ouerhuis deur rowers aangerand is, is blind.

Intussen is borgtog gister aan een van haar aanvallers geweier.

En in ’n ander verwikkeling, wend die baba se oppasser haar nou tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) omdat sy ná die aanval in die pad gesteek is.

Marzanne, ’n tenger eenjarige babameisie, het veelvuldige skedelbreuke opgedoen toe sy en haar oppasser, me. Francina Sekhu, in die Krugers se huis in Robindale, Randburg, oorval is.

Sy is gisteroggend uit die Sandton-Medi-Clinic ontslaan en was daarna die eerste keer sedert die aanval weer tuis by haar ouers, mnr. Bertus en mev. Madelein Kruger.

Maar Marzanne is blind, het mnr. Kobus Grobler, familiewoordvoerder, gesê.

“Ons weet nie of dit permanent of tydelik is nie, maar dit is nou.”

Mnr. Pieter van R. Coetzee, die gesin se regsverteenwoordiger, het gesê die Krugers wil nie in dié stadium met die media praat nie, maar sal vandag ’n mediaverklaring uitreik.

Dié skoknuus het bekend geword op dieselfde dag dat ’n landdros een van die aanvallers in die Randburgse landdroshof borgtog geweier het.

Landdros Stanley Mkhari het gister in sy uitspraak gesê die gedagte aan baba Marzanne bewusteloos op haar ouers se kombuisvloer in Johannesburg nadat rowers haar en haar oppasser wreed aangerand het, laat hom met geen ander keuse nie.

“Ek het die graad van geweld in ag geneem wat op Marzanne Kruger en haar oppasser gerig is voordat die rooftog voltooi is.

“Ek verstaan nie hoekom die kind só aangerand is nie,” het Mkhari in die Randburgse landdroshof gesê.

Mnr. Nelson Maphosa (28), ’n Mosambiekse burger, het verlede week aansoek om borgtog gedoen nadat sy mede-beskuldigde, mnr. Geraldt Nyantumbo (25), sý borgtogaansoek teruggetrek het.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Mkhari het gister in die hof daarop gewys Marzanne se ma het daardie middag op haar afgekom waar sy op haar maag op haar ouers se kombuisvloer gelê het.

Daar was ’n groot poel bloed in die leefvertrek en Sekhu is gevind waar sy bloeiend en met ’n erg geswolle gesig teen ’n muur gesit het.

Benewens dié grusame besonderhede van die wrede aanval, het Mkhari ook gesê Maphosa het geen emosionele, familie- of werksbande in Johannesburg nie.

Hy en sy familie is almal van Maputo.

Voorts het hy geen vaste werk of bates in Suid-Afrika nie.

“As die hof hom op borgtog sou vrylaat, sal dit mense se vertroue in die strafregstelsel ondermyn en die doelwitte van die borgtogstelsel in die gedrang bring.

“Sy aansoek word van die hand gewys.”

Intussen wend Sekhu haar nou tot die KVBA nadat mev. Kruger haar verlede week met onmiddellike effek afgedank het, het mnr. Aaron Mo-khondo, Sekhu se arbeidskonsultant, gesê.

Mev. Kruger het glo vir Sekhu gesê hulle vertrou haar nie meer nie.

Dit kom nadat Sekhu op die dag van die aanval ’n derde verdagte, mnr. Chakhoma Machaba (28), in die huis ingelaat het terwyl sy Marzanne moes oppas.

Mokhondo het eergister die amptelike dokumente aan die KVBA gestuur en dit daarna vir Kruger gefaks.

Daarin word aangevoer hoewel Sekhu nie haar werk wil terughê nie, eis sy maksimum vergoeding omdat die korrekte prosedure nie gevolg is nie.

“Ons het reeds ’n saaknommer en wag vir ’n verhoordatum.”

Machaba (28) is onlangs in Mosambiek vasgetrek en ’n ruk aangehou, het ao. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê.

Daar is geen uitleweringsooreenkoms tussen Mosambiek en Suid-Afrika nie.

Die Mosambiekse vervolgingsgesag en die Nasionale Vervolgingsgesag beding dit tans op amptelike vlak, het hy verduidelik.

Maphosa en Nyantumbo sal weer op 18 Junie in die hof verskyn.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.