Ace kap terug ná fel kritiek

2012-02-21 22:32

KORRUPSIE en armoede is steeds met ons en is ’n gevolg van kolonialisme en apartheid.

Alles het by Jan van Riebeeck begin.

Só het premier Ace Magashule ná fel kritiek deur die opposisie teruggekap in die debat in die Vrystaatse wetgewer oor sy provinsiale rede.

“Sotho’s bly steeds in Thaba Nchu en Botshabelo. Xhosa’s in die Oos-Kaap, die voormalige Transkei en Ciskei en Zoeloe’s in die destydse KwaZulu, hulle bly nie in wit dorpe en stede nie.”

Volgens Magashule is dit die nalatenskap van apartheid.

“Maar ons is besig om dinge ten goede te verander.”

Magashule se reaksie volg op skerp kritiek van opposisiepartye nadat hy gespog het hy het ’n bultende bankbalans en kan ’n huis van R10 miljoen of R20 miljoen bekostig.

“As ek ’n beter salaris as die VF+-LW verdien, dan kán ek mos ’n beter huis as hy bekostig.”

Die Vrystaatse DA-leier, mnr. Roy Jankielsohn, het gesê dit is ’n skande dat Magashule spog met sy rykdom terwyl Vrystaters krepeer.

Hy het voorts die beleid van kader-ontplooiing skerp gekritiseer.

“Ons hoor toenemend van individue wat korrup is en bedrog pleeg. Tog word daar nie strafregtelike klagte teen hulle ingedien nie. Hulle word eerder ontplooi na ander staatsdepartemente.”

Ook mnr. Casca Mokitlane, Cope-LW en voormalige bondgenoot van Magashule, het die premier gekap oor kaders.

“Kader-ontplooiing is die hoofrede waarom ek die ANC verlaat het,” het Mokitlane aan Volksblad gesê.

In sý rede het mnr. Abrie Oosthuizen, VF+-LW, gesê Magashule is te stil oor die ingryping van die nasionale regering en die geweldige korrupsie in die departement van polisie, paaie en vervoer.

“Die premier was ook te stil oor die swak stand van Vrystaatse munisipaliteite. Ons is die enigste provinsie in die land waar géén munisipaliteit ’n skoon ouditverslag kon kry nie.”

Hy het gesê daar is min bevoegde amptenare in die provinsie se munisipaliteite, al is die meeste vakante poste gevul. “Die gebrek aan tegniese vaardighede onder bestaande personeel beloop ongeveer 83%”, het Oosthuizen gesê.

Nie net politici het Magashule gekritiseer nie.
Mnr. Mokone Miya, Vrystaatse sekretaris van die munisipalewerkersunie Samwu, het die ANC-leierskap gevra om in te gryp in die provinsie voordat dit te laat is. “Soos sake nou staan, kan dit ons verhouding met die ANC in die provinsie benadeel.”
Hy het “blatante korrupsie”, baantjies vir boeties, tenderbedrog en spookwerknemers uitgewys as van die dringendste probleme wat aandag moet kry.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0
1999
R 49,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,950.00

NISSAN

Pathfinder 4.0 LE 4x4 Tiptronic
2006
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.