ANCYL: Gwede, jy is ’n probleem

2010-08-26 09:48

Johannesburg - Afgevaardigdes het met een doel na die ANC-jeugliga se nasionale hoofraadsvergadering (NGC) gestroom: Vir ’n resolusie om druk op die ANC uit te oefen om teen 2012 minstens een “jeug­dige” tot sy topleierstruktuur te verkies.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, is die teiken van dié veldtog en Fikile Mbalula (39), voormalige jeugleier en adjunkminister van polisie, die “jong bloed” wat hom moet vervang.

Die afgevaardigdes het Woensdagaand by die konferensiesaal by Gallagher Estate in Midrand luidkeels prys­liedere vir Mbalula en Julius Malema, jeugligaleier, gesing.

Baleka Mbete, ANC-voorsitter, en Malusi Gigaba, adjunkminister van binnelandse sake en ’n voormalige jeugleier, en Nathi Mthethwa, minister van polisie, het saam met die jeugliga se senior leiers voor op die verhoog gesit.

“Die hoofdoel van die NGC is om ’n resolusie te aanvaar om Mbalula vir SG (sekretaris-generaal) te steun.

Vergeet maar eers van die nasionalisering van die myne; dít (om van Mantashe ontslae te raak) is hoekom ons hier is,” het ’n afgevaardigde van Limpopo vroeër gesê.

’n Groep jeugdiges van die Oos-Kaap, een van die jeugliga se invloedrykste provinsies, het eerste in Midrand aangekom.

“Gwede, wat jy doen is nie reg nie. Jy is ’n probleem,” is voetstampend gesing.

Die provinsie is onwrikbaar daaroor dat die ANC nie onbepaald op “ou mense” kan steun om die regerende party te lei nie.

Hulle meen die ANC moet ’n strategie volg waar jongmense geleidelik in leiersposisies opgeneem word.

“Ons hou van Gwede, maar hy is oud. Hy moet huis toe gaan. Ons soek vars bloed (binne die ANC).

“Ons wil darem één jongmens in die topses (leiersposisies) hê,” het ’n afgevaardigde verduidelik.

Hy het Mbalula as ’n “goeie” en “geskikte kader” beskryf. “Hy kom van die jeugliga. Hy is een van ons.”

Die Oos-Kaap het verlede week aangekondig hy steun Mbalula om Mantashe te vervang.

Teen gistermiddag was daar aanduidings dat afgevaardigdes van Limpopo en KwaZulu-Natal daarmee saamstem.

Die NGC het eers teen 18:00 – byna sewe uur laat – begin weens ’n gesukkel om afgevaardigdes van Mpumalanga, die Vrystaat en die Noord-Kaap te registreer.

Die meerderheid van die sowat 3 000 afgevaardigdes het dié meevaller benut deur in Midrand se winkelsentrums rond te dwaal en op grasperke te ontspan.

Van Malema was daar vroeër die dag geen teken nie.

Net Andile Lungisa, die jeugliga se onderleier wat Malema volgende jaar die stryd om die presidentskap wil aansê, het ’n rukkie lank met ondersteuners gesels.

Die broeiende leierstryd tussen hom en Malema is gekenmerk deur groepies singende mense wat in die parkeerterrein vergader het.

“Julius, jy is wonderlik. Jy is soos Fikile,” het die een lied gelui.

’n Groep van die Oos-Kaap het egter nie doekies omgedraai nie: “Andile Lungisa, voertsek!”
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 23-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-30°C Scattered showers. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 17-28°C Showery. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Mild. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT MY05
2007
R 149,950.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl
2007
R 359,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.