Spurs ‘speel met glimlag’

2012-01-12 21:57

Aaron Lennon vier sy doel eergister saam met sy Spurs-spanmaat Luka Modric in die Engelse Premierliga-wedstryd teen Everton op White Hart Lane. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

LONDEN. – Tottenham Hotspur maak die wêreld warm vir die twee Manchester-sokkerspanne in die Engelse Premierliga.

Spurs se sege van 2-0 eergisteraand oor Everton beteken hulle is nou net drie ligapunte agter die voorloper, Manchester City, en gelyk met Manchester United, hoewel United ’n beter doeleverskil het.

United is die kam­pioenspan en is oor die afgelope dekade verskeie kere as kampioen gekroon, maar City en Spurs het nog nie sedert die jare sestig in die liga sukses geproe nie.

Harry Redknapp, Spurs se afrigter, het gesê hy voel geen druk op sy span nie.

“Al die druk is op City, want as jy kyk na die hoeveelheid geld wat hulle bestee het om spelers soos Sergio Aguero, Edin Dzeko en Samir Nasri te bekom, is hulle veronderstel om te wen.”

City het juis eergister met 0-1 teen Liverpool verloor in die halfeindstryd van die Carling Cup nadat United hom ook Sondag in die FA Cup uitgeskakel het.

Aaron Lennon en Benoit Assou-Ekotto het Spurs se doele teen Everton aangeteken.

“Ons plaas geen druk op ons spelers nie en geniet dit dat ons goed speel. Ons speel met glimlagte op ons gesigte,” het Redknapp gesê.

“Dit is nie onmoontlik dat ons die liga kan wen nie.

“Dit sal moeilik wees, maar ons speel goed en enigiets kan gebeur.”

Hul doelwit is om seker te maak hulle eindig tussen die voorste vier op die puntelys en speel aanstaande seisoen weer in die Kampioeneliga.

Spurs is ook die voorste klub van Londen en is agt punte voor Chelsea en ’n verdere punt voor Arsenal. – Sapa-AP

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.