Spurs ál nader aan voorlopers

2011-12-28 20:53

Die Spurs-held Gareth Bale keer dat Andrew Crofts van Norwich die bal bemeester in Dinsdagaand se Engelse Premierliga-wedstryd op Carrow Road in Norwich. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

LONDEN. – ’n Uitstekende tweekuns deur Gareth Bale het Tottenham Hotspur tot ’n oorwinning van 2-0 oor die sokkerklub Norwich aangevuur en die Londenaars tot binne sewe punte van die voorlopers in die Engelse Premierliga, Manchester United en Manchester City, geneem.

Dié Walliese vleuel het tot dusver sewe doele in die Liga geskiet.

Spurs, derde geplaas, het nou 38 punte ná 17 wedstryde en het ’n wedstryd minder as die voorlopers gespeel.

Bale se eerste doel het in die 55ste minuut gevolg op netjiese “slimstreke” deur Emmanuel Adebayor wat drie Norwich-verdedigers met goeie voetwerk verwar het voordat hy na sy spanmaat laat loop het.

Net 12 minute later het Bale weer so gemaak toe hy, ná ’n tipiese kraglopie van die middellyn af, die bal vir nommer twee gebêre het.

“Gareth is ’n ongelooflike speler, is hy nie?” het die Spurs-afrigter, Harry Redknapp, aan Sky Sports gesê.

“Ek het hom en Rafa (van der Vaart) aangesê om te speel soos hulle lus was. As hy (Bale) in volle vaart op jou afstorm, is daar nie juis iets wat jy kan doen nie.

“As jy bo in die Liga wil boer, moet jy aanhou om sulke uitslae te kry.”

Spurs se Londense aartsvyand, Arsenal, het ’n kans verbrou om tot die vierde plek op die puntelys op te skuif toe Wolverhampton Wanderers se doelwagter, Wayne Hennesey, sy span met ’n puik vertoning help gelykop speel het in ’n wedstryd op die Emirates.

Wolves moes die wedstryd boonop met tien spelers voltooi.

“Dis baie frustrerend. ’n Mens speel nie sommer veel sulke wedstryde in ’n seisoen nie, maar dit kan soms gebeur,” het Arsenal se afrigter, Arsene Wenger, aan die media gesê.

“Ons makeer volwassenheid. Só ’n wedstryd sal net een maal in 50 keer op ’n gelykop-uitslag afstuur, maar vandag was daai dag.”

Arsenal, nou vyfde met 33 punte, het gelyk asof hy maklik gaan wen toe die Ivoorkus-doelskieter Gervinho netjies op ’n Yossi Benayoun-aangee gereageer het om die bal ná net agt minute in die doelhok te bêre.

Wolves, tans een plek bo die relegasiesone, het sewe minute voor die rustyd die telling teen die verloop van die spel gelykop gemaak.

Stephen Hunt het ’n vrotterige skoot doelwaarts gekorrel, maar sy kollega Steven Fletcher was blitsig by om sy sewende doel van die seisoen aan te teken.

Arsenal het die druk aanhou oplaai, maar Hennesey, Wallis se doelwagter, was op sy stukke en het goeie kanse vir Robin van Persie en Per Mertesacker gefnuik.

Selfs nadat die Wolves-middelveldspeler Nenad Milijas afgestuur is met ’n kwartier se speeltyd oor, kon die Gunners nie dié kans benut nie.

Hennesey moes later weer sy litte roer om Thomas Vermaelen te keer en sy breier, Mick McCarthy, was in sy noppies met sy doelwagter.

“Wayne Hennesey was fantasties. Ek dink hy’s een van die beste doelwagters in die Liga en hy het dit vandag bewys,” het McCarthy gesê.

In eergister se ander wedstryd het Swansea City gelykop (1-1) gespeel teen Queens Park Rangers.

Danny Graham was vir Swansea in die kol, met Jamie Mackie wat vir die besoekers die agterkant van die net getref het. – Reuters

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.