SA wil grotes pak gee

2011-11-08 22:59

Bafana Bafana se Steven Pienaar spog met die nasionale sokkerspan se nuwe uitrusting op ’n bekendstellingsgeleentheid in Londen. Foto: GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Die kragmeting met die Ivoorkus het dalk nie op die regte tyd vir Bafana Bafana gekom nie, het Pitso Mosimane, die Suid-Afrikaanse sokkerspan se afrigter, gister gesê.

Dié spanne pak mekar Saterdag hier in die Nelson Mandelbaai-stadion in die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd.

“Die profiel van die Ivoorkus spreek vanself,” het Mosimane gesê.

“Die span is nommer 1 in Afrika en nommer 19 in die wêreld. Dit sou dalk beter gewees het as ons ’n bietjie later teen hulle gespeel het.

“Ons het respek vir die Ivoorkus, maar ons het nie oordadige respek nie.

“Dis moeilik om teen so ’n sterk span te wen, maar dis moontlik en ek glo ons kan wen.”

Volgens Mosimane verkies hy dat Bafana Bafana voortaan al meer teen sterk spanne vriendskaplike wedstryde moet speel.

“Ons kan teen swak spanne speel en wen, maar dit gan nie soveel beteken as wat ons teen ’n sterk span speel en wen nie,” het hy gesê.

“Ons moet nie bang wees om teen sterk spanne te speel nie. Ek is nie, al plaas ek my werk op die spel. Ons moet nie wegkruip nie.

“Dit alles gaan oor voorbereiding vir 2014 se Wêreldbeker-toernooi.

“Dis waarom ons nou meer na ons jonger as na ons ouer spelers kyk wanneer ons ’n span kies.”

Hoe hoog Mosimane die Ivoorkus aanslaan, was duidelik uit sy antwoord op ’n vraag as wie hy dié span se gevaarman sien.

“(Didier) Drogba is uit (hy ondergaan ’n arm-operasie), maar daar is nog steeds soveel goeie spelers,” het hy gesê.

“Ek kan nie eintlik een uitsonder nie. Noem maar op, die een ná die ander speler is goed.”

Mosimane sal nie Saterdag die verdediger Bongani Khumalo kan kies nie.

Dié speler, wat sy klubsokker in Engeland vir Reading speel, sukkel met ’n enkelbesering.

Verskeie spelers, waaronder Bradley Grobler en Siyabonga Songweni, sukkel met verkoue, maar sal glo reg wees.

Daar was ook kommer oor die middelvelder Teko Modise se knie, maar ook hy is reg vir die kragmeting.

“Ek moet nog besluit oor die samestelling van my span,” het Mosimane gesê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.