Pitso skop Operasie 2014 af

2010-07-22 22:05

Johannesburg. - Suid-Afrikaanse sokker se Operasie 2014 het gister in alle erns begin.

En te oordeel na die Bafana Bafana-bloudruk van die afrigter, Pitso Mosimane, is heelparty hardebaarde se dae in die Groen-en-Goud getel.

Mosimane, wat verlede week as Carlos Alberto Parreira se opvolger aangewys is, het dit gister duidelik gemaak dat ’n “nuwe generasie” spelers ingespan sal word om Bafana in die Afrikabeker-toernooi in 2012 in Gaboen en Ekwatoriaal-Guinee en 2014 se Wêreldbekertoernooi in Brasilië te verteenwoordig.

Hoewel dié 45-jarige breier vroeër ontken het dat hy van die 30-jarige Aaron Mokoena as nasionale kaptein ontslae wil raak, het hy bevestig dat die klem voortaan sal wees op die ontwikkeling van jong talent.

“Siphiwe Tshabalala is vir Suid-Afrika gekies terwyl hy nog maar in die laer ligas gespeel het en dit is belangrik dat ons ander belowende spelers op soortgelyke wyse identifiseer,” het Mosimane gesê.

Tshabalala was een van Bafana se groot Wêreldbeker-helde en is hoog op die inkopielys van ’n handvol Engelse spogklubs.

Volgens Mosimane sal plaaslike én oorsese spelers deurlopend geëvalueer word en sal daar nou saamgewerk word met afrigters van spanne in die Premier-sokkerliga (PSL) om dié spelers te eien en voor te berei op hoër louere.

“My voorstel aan dié afrigters sal wees om hoogstens drie oorsese spelers en minstens twee plaaslike o.23-spelers in hul beginspanne te kies.”

“Ek wil ook verseker dat dié ouens nou reeds internasionale ervaring opdoen deur in wedstryde teen ons buurlande te speel en na die Afrikabeker-toernooi te gaan.”

“Net soos dit in Afrika die gebruik is dat ’n hele gemeenskap saam ’n kind grootmaak, gaan ek die ondersteuning van die hele Suid-Afrika benodig om Operasie 2014 te laat slaag.”

Volgens Leslie Sedibe, Safa se uitvoerende hoof, sal ondersteuners reeds op 11 Augustus ’n voorsmaak kry van Mosimane se “meesterplan”, wanneer Bafana op Soccer City teen Ghana te staan kom.

“Die pad na 2014 gaan steil wees, maar Pitso het ons volle ondersteuning. Die gehalte van die teenstanders in ons eerste wedstryd is ’n bewys dat Safa ernstig is daaroor om van Bafana ’n wêreldkrag te maak.”

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.