Pitso gaan nie wakker lê oor slae teen Zim

2011-11-16 23:08

Bafana se Punch Masinamela in aksie in eergisteraand se wedstryd teen Zimbabwe in Harare. Foto: GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Met dié saamgeflanste sokkerspan kan Bafana Bafana tot ’n mate verskoon word vir sy “skande” noord van die Limpopo.

Suid-Afrika het eergister in Harare, in die afwesigheid van verskeie gereelde spelers, met 1-2 teen Zimbabwe vasgeval. Dit was sy eerste nederlaag in agt jaar teen sy buurman.

Bafana het die voortou geneem toe een van sy twee nuwelinge, Bradley Grobler, ’n blaps deur ’n verdediger uitgebuit het.

Knowledge Musona, ’n voormalige doelskieter van Kaizer Chiefs, was egter twee keer in die kol om die klompie onervare spelers se buurlandse uitstappie te bederf.

Die Rufaro-stadion was ’n goeie voorsmaak wat om in die kwalifiserende wedstryd aanstaande jaar teen Botswana vir die Wêreldbeker-toernooi te verwag. Dié wedstryd word ook op ’n?astro-sokkerveld beslis.

“Ek is teleurgesteld oor die uitslag, maar die ouens het in omstandighede goeie rekenskap van hulself gegee, sê die breier Pitso Mosimane. “Die meeste van hulle het nog nooit in die nasionale span saamgespeel nie.”

Mosimane sê dit was ’n goeie oefening om die spelers te beproef. Hulle weet nou wat van hulle verwag word as spelers soos Steven Pienaar, Siphiwe Tshabalala, Katlego Mphela en andere nie beskikbaar is nie. Hy meen hulle sal baat vind by die internasionale blootstelling.

Grobler het gister met die span se aankoms gesê dit was ’n droom wat bewaarheid is toe hy met sy land se kleure op die veld gestap het. Sy doel het die kroon gespan en hy sal dit nog lank onthou.

)Bafana sal Ethiopië op 2 of 3 Junie in sy eerste kwalifiserende wedstryd vir 2014 se Wêreldbekertoernooi pak. Ethiopië het gister in Addis Ababa met ’n sege van 5-0 oor Somalië tot die groep deurgedring waarin Suid-Afrika, Botswana en Sentraal-Afrika is.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.