Mosimane wil sien wat jonges kan doen

2011-11-13 23:02

Katlego Mphela van Bafana Bafana en Didier Zokora van die Ivoorkus spook om besit in Saterdag se Nelson Mandela-uitdaagwedstryd in die Baai. Foto: Deon Ferreira

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Die “ou manne” van Bafana Bafana het ’n slag gewys wat in hulle steek en nou is dit die “jong manne” se kans.

Só het Pitso Mosimane, afrigter van Bafana Bafana, gesê nadat sy span Saterdag ’n goeie vertoning teen Afrika se voorste sokkerland, die Ivoorkus, gelewer het.

Dié Nelson Mandela-uitdaagwedstryd in die Nelson Mandelabaai-stadion het met 1-1 gelykop geëindig.

Môre speel Bafana in Harare in nog ’n vriendskaplike wedstryd teen Zimbabwe.

Mosimane het besluit om verskeie van sy eerstekeuse-spelers by die huis te los.

“Dis duidelik dat ek nuweling­e in hierdie wedstryd sal kies. Ek wil sien wat die jong manne kan doen,” het Mosimane gesê.

“Die voordeel is dat baie van Zimbabwe se spelers in die Premierliga speel, so my spelers sal nie geïntimideer voel nie.”

Sy sogenaamde “ou spelers” het hulle ook nie deur die groter, sterker manne van die Ivoorkus laat intimideer nie.

Daar was wel ’n tydperk voor rustyd toe dit gelyk het asof die besoekers besig was om die oorhand oor die tuisspan te kry.

Dit was nadat Bafana se Siboniso Gaxa per ongeluk die bal in sy eie doelhok laat beland het.

Gaxa, wat die beseerde Tshepo Masilela as verdediger vervang het, het andersins stewig vertoon.

Net ná rustyd het Steven Pienaar, die tuisspan se kaptein, ’n gesigbesering opgedoen.

Hy en sy maats het hulle egter nie daardeur laat ontstel nie en het in die tweede helfte met meer vuur as die besoekers gespeel.

Hulle het ’n paar kanse geskep en was dalk ongelukkig om net die een doel, deur die doelskieter Katlego Mphela, te kry.

Mphela het die doel in die 53ste minuut aangeteken toe hy ’n vryskop verby die Ivoorkus se doelwagter, Boubacar Barry, gestuur het.

“Ek het altyd ’n kragmeting verwag waarin ons ten volle moes konsentreer,” het Mosimane gesê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.