Meer as City se eer op die spel

2012-01-15 21:35

LONDEN. – Manchester City kry vanaand teen Wigan Athletic in die Engelse Premierliga die kans om weer sy voorsprong van drie punte op die puntelys terug te wen.

Die City-sokkerspan is steeds die liga se voorloper, maar is gelyk aan Manchester United op 48 punte nadat laasgenoemde Bolton Wanderers Saterdag met 3-0 kafgedraf het.

City het nie die naweek gespeel nie, maar sy kans kom vanaand in die DW-stadion in Wigan aan die beurt.

In die afgelope agt weke het City vier wedstryde verloor en die klub sal die situasie wil beredder alvorens dit hom van die liga-voortou ook ontneem.

David Silva, ’n opwindende spelskepper van City, behoort sy terugkeer in die wedstryd te maak nadat hy verlede week se Carling Cup-halfeindstryd teen Liverpool weens ’n enkelbesering misgeloop het.

Vincent Kompany is vir nog drie wedstryde geskors ná ’n onlangse rooikaart in ’n FA Cup-wedstryd teen Manchester United, terwyl die broers Yaya en Kolo Toure hulle by die Ivoorkus se span vir die Afrikabeker-toernooi aangesluit het.

In United se sege oor Bolton het die 37-jarige Paul Scholes, wat onlangs met ’n skokbesluit sy uittrede laat vaar het om weer vir die Red Devils te speel, die span se eerste doel aangeteken.

Dit was sy 103de Premierliga-doel en kom net minder as 18 jaar sedert hy sy eerste doel in die liga behaal het.

Doele laat in die wedstryd deur Danny Welbeck en Michael Carrick het Bolton se lot verseël.

Tottenham Hotspur het ’n geleentheid om soos City en United tot 48 punte op te skuif verspeel deur met 1-1 op sy tuisveld teen Wolverhampton Wanderers gelykop te speel.

Wolves het Spurs geskok deur vroeg ’n voorsprong te neem danksy ’n doel deur Steven Fletcher, maar Spurs het ná rustyd met ’n Luka Modric-doel teruggeslaan.

Chelsea moes op sy beurt hard werk vir ’n oorwinning van 1-0 oor Sunderland.

Liverpool se hoop om tussen die topvier-spanne op die puntelys te eindig, is ’n terugslag toegedien toe hy die louere met Stoke City (0-0) gedeel het.

Swansea City het gister verras deur Arsenal met 3-2 te klop.

- Sapa - AFP

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.