Liverpool sonder Suarez

2011-12-29 21:28

KAAPSTAD. – Liverpool pak Newcastle vanaand in die Engelse Premierliga sonder sy omstrede doelskieter Luis Suarez.

Suarez is wéér in die pekel nadat hy tydens sy span se nederlaag vroeër vandeesmaand teen Fulham ’n obsene teken vir die tuisskare gewys het.

Die Engelse Sokkervereniging (FA) het hom gister vir ’n wedstryd geskors en ’n boete van £20000 opgelê.

Die sokkerklub is ook met £20000 beboet omdat hy nie sy spelers – Jay Spearing is van die veld gestuur – in dieselfde wedstryd kon beheer nie.

Suarez se jongste manewales kom slegs ’n week nadat hy vir agt wedstryde geskors is omdat hy tydens ’n wedstryd in Oktober ’n rassistiese opmerking teenoor Manchester United se verdediger Patrice Evra gemaak het.

Hoewel Liverpool erken dat die spelers verkeerd opgetree het deur met die skeidsregter te argumenteer nadat Spearing afgestuur is, aanvaar die klub nie die boete vir die oortreding nie.

Suarez het sy jongste klag van onbehoorlike gedrag beken, maar sy skorsing van agt wedstryde is nog nie afgedwing nie omdat Liverpool 14 dae het om teen sy skorsing te appelleer.

Die FA het in ’n verklaring die klub én Suarez oor hul optrede in die toekoms gewaarsku.

Liverpool het nie op Suarez se skorsing of die klub se boete kommentaar gelewer nie.

Kenny Dalglish se troepe is sesde op die puntelys op 31 punte ná hul gelykop-uitslag (1-1) tuis teen Blackburn Rovers.

Dit is slegs een plek bo Newcastle (30) wat sewende lê.

Liverpool is nou twee punte agter Arsenal (33) en drie punte agter Chelsea (34) wat vierde lê.

Die kragmeting is van kardinale belang vir Liverpool omdat net die boonste vier spanne aan die einde van die seisoen vir die Kampioeneliga kwalifiseer.

Intussen het Suarez steun uit ’n onverwagse oord gekry toe die Suid-Afrikaanse krieketspeler Ashwell Prince, ’n groot Liverpool ondersteuner, sy steun op Twitter aan Suarez toegesê het. “Dit sal beter wees vir Suarez om Spanje toe te gaan. Daar sal hy saam met beter spelers in ’n beter liga speel.”

Prince het ook uitgevaar teen die FA: “Die FA is ’n grap. Hulle beskuldig ’n man van rassisme en skors hom dan vir dieselfde oortreding waarmee drie van hul eie mense weggekom het. Praat van diskriminasie.”

Andy Carroll behoort in Suarez se plek te begin. Carroll het gesukkel sedert hy in Januarie vir sowat R420 miljoen by Newcastle gekoop is.

Hy het daarmee een van die duurste spelers tot nog toe geword en dit lyk of dit ’n invloed op sy spel het. Hy het nog net twee doele dié seisoen aangeteken en moes meestal vir Suarez terugstaan. Gerugte oor sy drinkgewoontes doen ook steeds die ronde. – Sportredaksie

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.