Lampard lei Engeland op veld teen Spanje
2011-11-11 22:36
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
LONDEN. – Engeland se sokkerafrigter, Fabio Capello, het bevestig dat Frank Lampard die span op die veld sal lei in sy vriendskaplike kragmeting vandag met Spanje.
Die Chelsea-middelveldspeler is die tweede keer in sy loopbaan as kaptein aangewys, met John Terry wat op die plaasvervangersbank sal wees.
’n Klag van rassisme word teen Terry ondersoek.
Ondanks die klag sal Terry terug wees vir Dinsdag se wedstryd teen Swede.
“Hy (Terry) is die spanleier. Hy sal teen Swede speel, maar môre is hy op die plaasvervangersbank. Wat die klag betref, is hy volgens my onskuldig totdat hy skuldig bevind word.
“Ek kan nie verder oor die aangeleentheid praat nie,” het Capello gesê.
- Volksblad