Hier kom Drogba
2011-10-31 22:42
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
BLOEMFONTEIN. – Die Ivoorkus se Olifante sal Bafana Bafana met ’n sterbelaaide span in hul Nelson Mandela-uitdaagstryd pak.
Altesaam 16 spelers van die groep van 21 wat hiernatoe kom, was verlede jaar hier met die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Sterre soos Chelsea se doelskieter Didier Drogba, die Toure-broers en Salomon Kalou, sal die grootste trekpleisters vir die toeskouers op 12 November in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth wees.
Yaya en Kolo Toure speel vir Manchester City, wat die huidige voorloper in die Engelse Premierliga is.
Van die ander groot name in die span is Emmanuel Eboue van Galatasaray, Siaka Tiene van Paris Saint Germaine en Arsenal se Gervinho,
Die Ivoorkus is Afrika se top-span op die wêreldranglys.
Die Olifante het verlede jaar ook nie die groepfase in die Wêreldbeker-toernooi oorleef nie. Hulle het gelykop teen Portugal gespeel, verloor teen Brasilië en Korea-DPR geklop.
Hulle het toe met 6 seges in 7 wedstryde tot 14de op Fifa se ranglys opgeskuif – hul beste posisie tot nog toe. Hulle beklee nou die 19de plek.
Dis allig die Suid-Afrikaanse kaptein, Steven Pienaat, wat vir Tottenham Hotspur speel, se lang verwagte terugkeer vir Bafana Bafana. Sy lies is aan die begin van die Engelse seisoen geopereer. “Ek oefen al ’n week sonder enige pyn en begin stadig my voete vind, het hy getwiet.
NEEM KENNIS: Volksblad se kommentaarfunksie word vir 'n onbepaalde tyd gesluit. Lewer kommentaar deur 'n brief te e-pos aan web@volksblad.com. U kan ook gebruik maak van ons profiele op die sosiale netwerke Facebook en Twitter.