G’n ruskans vir Bafana

2010-03-09 22:25

Johannesburg - Bafana Bafana het gister skaars in Brasilië geland toe dit skouer aan die wiel was ter voorbereiding vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die breier van die Suid-Afrikaanse span, Carlos Alberto Parreira, het sy groep van 29 spelers gisteraand reeds gedril, nadat hulle net vyf uur vroeër by die Granja Comary-oord in die idilliese Teresopolis, naby Rio de Janeiro, aangekom het.

Dié oefenkamp, waar Parreira sy Brasiliaanse span geslyp het voor hul Wêreldbeker-glorie in 1994, sal Bafana se vier oefenwedstryde teen Brasiliaanse spogklubs huisves.

Hulle sal dan in Itu, naby Sao Paulo, laer trek vir die kragmeting met die hoogaangeskrewe Paraguay.

“Ek voel nog soos ’n zombie, maar ons almal is baie opgewonde om hier te wees. Die geriewe is van wêreldgehalte,” het Lance Davids, ’n Bafana-middelveldspeler, aan kickoff.com gesê.

“Carlos het met die intrapslag gesê die harde werk begin nou en dat ons geen tyd het om te mors nie."

Terselfdertyd het Matthew Booth, ’n uithaler-verdediger van Bafana, gesê dié kamp kan bepalend wees vir Suid-Afrika se kanse om in Junie teen sy teenstanders in Groep A, Mexiko, Uruguay en Frankryk, staande te bly.

“Dis goed vir ons om uit die kollig (in Suid-Afrika) te kom,” het Booth aan bbc.co.uk gesê.

“Ons het momentum verloor sedert verlede jaar se Konfederasiebeker-toernooi, toe ons gewys het dat ons vir geen span ter wêreld hoef terug te staan nie.”

Bafana het tóé beïndruk in hul wedstryde teen die sokkerreuse Brasilië en Spanje, maar kon sedertdien net 3 van hul laaste 14 kragmetings (teen Zimbabwe, Swaziland en Madagaskar) wen.

Parreira sal boonop tot minstens Mei moet wag om op die knoppies van sy Europese sterspelers, onder wie Steven Pienaar en Benni McCarthy, te druk.

McCarthy sukkel nog met die kniebesering wat hy in sy eerste wedstryd vir sy Engelse klub, West Ham United, opgedoen het.
 
“Benni is vol vertroue dat hy betyds sal herstel en ons hou almal duim vas,” het Booth gesê.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.