Geld kan nie alles koop

2010-03-08 02:14

Londen. – Portsmouth mag dalk bankrot wees, maar dié beleërde Britse sokkerklub is op pad Wembley toe.

Portsmouth, wat onlangs onder geregtelike bestuur geplaas is en heel onder op die Premierliga se puntelys is, het die halfeindronde van die reeks om die FA Cup gehaal deur Birmingham City met 2-0 te klop.

Frederic Piquionne, wat by die Franse klub Lyon geleen word en dikwels nie betaal is nie vanweë Portsmouth se geldprobleme, het albei doele aangeteken.

“Daar is geen ander span wat dit meer verdien om Wembley toe te gaan nie,” het Avram Grant, Portsmouth se afrigter, aan Radio 5 Live gesê.

“Ek is so trots. Mense het geen idee hoe moeilik dit is om dag ná dag te werk terwyl daar sulke probleme is nie.”

Birmingham het nie veel bygedra om van die wedstryd ’n skouspel te maak nie, maar sal briesend wees omdat ’n doel van Liam Ridgewell nie toegeken is nie hoewel die bal duidelik oor die lyn in die doelhok was.

Dié omstrede beslissing is gevel minute nadat sokker se reëlmakers aangekondig het dat hulle nie televisie-tegnologie in sulke gevalle sal inspan nie.

“Ek is ten gunste daarvan (tegnologie) en is gefrustreerd deur Fifa se besluit. En dit is nie net oor wat vandag (Saterdag) gebeur het nie,” het Alex McLeish, Birmingham se afrigter, gesê.

“Dit word in ander sportsoorte gebruik.

“Ek kan nie sien waarom ons dit nie ook kan doen nie, veral op top-vlak.”

Fulham en Tottenham Hotspur het in die ander kwarteindstryd weer gelykop gespeel (0-0) en sal mekaar nou ’n derde keer die stryd aansê om te bepaal wie speel in die halfeindronde.

Aston Villa het sy plek in die halfeind verseker deur drie doele in tien minute aan te teken om ’n agterstand van 0-2 teen Reading uit te wis.

John Carew, wat twee van dié doele aangeteken het, het sy driekuns in die 90ste minuut met ’n strafdoel voltooi.

Chelsea het Stoke in gistermiddag se laaste kwarteindstryd met 2-0 geklop.

In die Premierliga het Manchester United weer die eerste plek op die puntelys ingeneem met ’n sege van 1-0 oor Wolverhampton.

Arsenal is derde ná sy sege van 3-1 oor Burnley.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.