Fergie kap ‘onnosele’ United ná uittog

2011-12-08 22:41

Alex Ferguson se Kampioeneliga het Woensdagaand op ’n lae noot geëindig. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Manchester United het nét homself te blameer vir sy skok-uittog uit die Europese Kampioeneliga ná dié span se “onnosele” vroeëre vertoning teen Basel.

Alex Ferguson, United se deurwinterde sokkerafrigter, het gister nie doekies omgedraai oor sy teleurstelling nie. United, ’n voormalige kampioen en ’n finalis in twee van die afgelope drie toernooie, het eergisteraand sy tasse gepak toe hy met 1-2 in sy laaste Groep C-wedstryd teen die einste Switsers vasgeval het.

Dié nederlaag beteken dat United, wat in die eindstryd van verlede jaar se toernooi teen Barcelona verloor het, derde eindig in dié groep en sake nou in die minder geroemde Europa-liga sal uitspook.

Benfica het bo-aan dié groep geëindig, danksy ’n oorwinning van 1-0 oor Otelul Galati, wat beteken dat United die eerste keer in ses seisoene nie die eerste ronde kon oorleef nie.

Volgens Ferguson, wat onlangs sy 25ste jaar aan die stuur van die Red Devils gevier het, het United se onverwagse gelykop-­uitslag in sy tuiswedstryd op Old Trafford teen Basel in September sy kans op ’n plek tussen die laaste 16 spanne gekelder.

“Dis waar dinge verkeerd geloop het, want ons was onnosel in daardie wedstryd en het ’n sege weggesmyt,” het Ferguson aan die Britse Telegraph gesê.

“Ons het net onsself te blameer, want ons was met 2-0 voor en kon maklik 5-0 gewen het.”

Volgens hom is alles egter nie verlore nie vir die verdedigende Engelse Premierliga-kampioen.

“Natuurlik is ons teleurgesteld, maar dis deel van sokker om dié teleurstelling te verwerk. My span het dit in die verlede al dikwels gebruik as motivering en hopelik sal dit ons aanspoor om nou in die Premierliga sukses te behaal.”

)Terselfdertyd het Roberto Mancini, breier van Manchester City, gister dié span se spelers én ondersteuners om verskoning gevra nadat dié skatryk klub óók uit dié toernooi geboender is.

Hoewel City Bayern München maklik met 2-0 geklop het, was dit nie goed genoeg om sy kanse in sy eerste Kampioeneliga lewend te hou nie.

Napoli se sege met dieselfde telling oor Villarreal, het dié Italianers bo Mancini-hulle in Groep A laat eindig.

“Ons is ’n fantastiese span en ek voel regtig jammer vir ons ondersteuners én my spelers, want hulle verdien om steeds in die Kampioeneliga te speel,” het Mancini aan Reuters gesê.

)Inter Milan en CSKA Moscow het deurgedring as onderskeidelik die wenner en naaswenner van Groep B, al het die Russiese pan die Italianers met 2-1 verras.

)Real Madrid het vroeër verseker dat hy bo-aan Groep D eindig deur Ajax Amsterdam met 3-0 af te ransel, terwyl Olym­pique Lyon ook sy plek bespreek het deur Dinamo Zagreb met 7-1 af te ransel.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.