City se spelers oor kole gehaal

2012-01-02 21:12

Edin Dzeko (links) se reaksie nadat Manchester City Sondag teen Sunderland verloor het. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

SUNDERLAND. – Sokker bestaan uit meer as net aanvallende spel, het Manchester City se afrigter, Roberto Mancini, sy span gister geroskam.

Mancini het sy spelers die leviete voorgelees nadat hulle Sondag met 0-1 in die Stadium of Light teen Sunderland vasgeval het omdat hul verdedigingslinie slapgelê het.

City is die voorloper in die Engelse Premierliga, maar nou net danksy ’n beter doeleverskil nadat Sunderland se Suid-Koreaanse aanwins, Ji Dong-Won, die sege in beseringstyd beklink het.

City sal ekstra bitter wees oor die nederlaag, want ’n oorwinning sou hom drie punte voor sy naaste teenstander, Manchester United, op die puntelys geplaas het. United het ook vroeër met 2-3 tuis teen Blackburn vasgeval.

City sal Liverpool vandag pak. Liverpool is sesde op die puntelys, en fris en vars nadat hy Newcastle met 3-1 geklop het. Mancini sal nie wil sien dat sy span nie twee keer agtereenvolgens dieselfde fout begaan nie.

“Die doel deur Sunderland is ná onkantspel aangeteken, maar ek het nog nie met die skeidsregter daaroor gepraat nie,” het Mancini gesê.

“Ek ken sokker en om daardie rede het ek die laaste 15 minute van die wedstryd myself hees geskree om die verdediging bymekaar te hou. Dit het gelyk of ons met tien spelers wou aanval en dit is onmoontlik. Ek weet nie hoeveel kanse op doele ons gehad het nie, maar wat my bekommer is dat daar spelers op die veld moet wees wat weet wanneer ons weerbaar is vir teenaanvalle.

“Ons moet dit verbeter. Ons het kanse gehad om doele aan te teken en dit nie benut nie. Maar wanneer jy soms nie ’n wedstryd kan wen nie, moet jy seker maak dat jy nie verloor nie.”

Mancini, wat die doelskieter Mario Balotelli vir die kragmeting met Sunderland ruskans gegee het, het gesê: “Ek hoop nie dit is te moeilik om vir die Liverpool-stryd span te kies nie. Die nederlaag is nou iets van die verlede en ons moet nou aanbeweeg.”

Sunderland het net een van sy eerste vyf wedstryde verloor nadat Martin O’Neill in Steve Bruce se plek as breier aangestel is. Die sege oor City beteken hy is ses punte weg van die relegasiesone.

“Vir ons was die wedstryd uitsonderlik. City het die laaste 20 minute buite ons doelhok gespeel. Dit was ongelooflik hoe die ondersteunende spel daar was toe ons die wegbreekkans gekry het. Ek voel jammer vir hulle. Selfs met die spelers tot hul beskikking moet hulle teen Liverpool, wat byna twee dae gerus het, speel,” het O’Neill gesê. – Sapa-AFP

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.