Tobie al ’n ‘Italianer’, maar hy braai nog boerewors

2012-02-03 21:55

JOHANNESBURG. – Dit is nou wel duisende kilometer ver van die Boland en die plaaslewe waarmee Tobie Botes grootgeword het, maar dit sal sy verwagte toetsrugby-buiging vandag vir Italië nie ’n snars minder spesiaal maak nie.

Botes (27) is een van Italië se plaasvervangers wanneer die Sesnasies-reeks vandag in Parys teen die kampioen, Frankryk, begin.

Hy sluit hom in die span by die slotte Corniel van Zyl en Quinton Geldenhuys as Italië se aangenome Suid-Afrikaners aan.

As hy speel, sal sy toetsdroom bewaarheid word slegs sowat drie en ’n half jaar nadat hy Suid-Afrika as ’n talentvolle Griekwas-skrumskakel verlaat het.

“Ek moes 36 maande wag voordat ek (vir Italië) kon kwalifiseer en dit het verlede jaar tydens die Wêreldbeker gebeur,” het Botes gister uit “’n bitter koue Parys” aan Sport24 gesê.

Die voormalige Springbok-breier Nick Mallett het Italië tydens die Wêreldbeker gebrei, maar Mallett se opvolger, die Fransman Jacques Brunel, is die eerste wat ’n kans het om Botes in die Italiaanse trui in te span.

Botes was nie aanvanklik in die Sesnasies-groep nie, maar ’n besering aan die losskakel Luciano Orquera het Brunel genoop om hom nader te trek.

Botes kan sowel skrumskakel as losskakel speel.

“Ek het hierdie week (vir die eerste keer) kans gehad om saam met Brunel te werk en tot dusver is alles great.

“Hy is ’n baie rustige afrigter en het my dadelik welkom laat voel hier by die span,” het Botes gesê.

Die Benetton Treviso-klub vir wie hy speel, is nou ook al sy “tweede huis” naas Suid-Afrika.

“Dis nou my vierde jaar hier en ek en my vrou, Danelle, geniet dit verskriklik baie. Treviso is ’n ongelooflike mooi plek, dis naby aan Venesië en redelik sentraal geleë.

“Ons bly in ’n klein dorpie (Paese) net buite Treviso. Dis baie rustiger en aangesien ek en Danelle van ’n plaas af kom, is dit die naaste aan die plaaslewe, wat ons albei baie mis. Ek sal heel moontlik my rugbyloopbaan hier klaarmaak,” het hy gesê.

Botes se afrigters by Treviso is albei Suid-Afrikaners, naamlik Franco Smith en Marius Goosen, terwyl spelers soos Van Zyl, Willem de Waal en Bian Vermaak ook vir Treviso speel.

“Om vir Marius en Franco as afrigters hier te hê, het die aanpassing van Suid-Afrika na Italië soveel makliker gemaak,” bieg hy.

“Ons probeer ons weeklikse braai inkry. Die vrouens maak braaibroodjies, ons braai tjoppies en ons eie boerewors wat ’n slaghuis hier in Treviso vir ons maak met ons Suid-Afrikaanse speserye.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.