Stick, Mbiyozo sal moet uithaal teen Bulls in Baai

2012-02-02 22:33

Devin Oosthuizen, een van die Kings se flanke, slyp aan sy lynstaanspel ter voorbereiding vir môre se wedstryd teen die Bulls. Die ander spelers is van links David Bulbring, Vleis Engelbrecht en Clint Newland. Foto: Werner Hills

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Môre se verpligte vriendskaplike wedstryd hier in die Nelson Mandelabaai-stadion tussen die rugbyspanne van die Southern Kings en die Bulls is vir twee voormalige Blitsbokke ’n belangrike een.

Die heelagter Mzwandile Stick en die flank Mpho Mbiyozo is reeds vroeg onder druk om te wys dat hulle die regte keuses vir die Kings is.

Sedert die twee voormalige Blitsbok-uitblinkers hulle op vyftienman-rugby toegespits het, het hulle gemengde welslae behaal.

Dat hulle knap spelers is, is ’n feit. Tog sukkel dié twee om altyd die eerstekeuse-spelers in hul onderskeie posisies by die Oostelike Provinsie én by die Southern Kings te wees.

Met SP Marais nog buite aksie weens ’n besering, kry Stick ’n slag weer kans om sy vaardighede as heelagter vir die Southern Kings uit te stal.

Spelers soos die ervare Tiger Mangweni en die Suidwestelike Distrikte se Elric van Vuuren blaas egter in sy nek.

As hy nie sy kans aangryp nie, kan hy volgende week se wedstryd teen die Stormers van die kantlyn aanskou.

Ook vir Mbiyozo is daar baie op die spel.

Of hy saam met Luke Watson en Devin Oosthuizen die beste lostrio vir die Kings vorm, is debatteerbaar.

Dis moeilik om te sien hoe die indrukwekkende Vleis Engelbrecht nie die beginspan sal haal nie.

Gareth Krause en Roy Bursey, die twee flanke wat verlede week teen die Cheetahs gespeel het, plaas ook druk op Mbiyozo.

Die Kings se slotte, Darron Nell en David Bulbring, sal ook moet wys hulle is beter keuses as manne soos Wayne van Heerden, Barend Pieterse en Giant Mtyanda.

Nell, Pieterse en Van Heerden het ook voorheen slot vir die Cheetahs gespeel.

) Hoewel die Bulls nie met hul beste span Baai toe kom nie, sal die Kings dom wees om hulle te onderskat.

Verlede jaar het die Southern Kings ’n verswakte Bulls-span in ’n soortgelyke wedstryd met 23-7 geklop.

“Watter spelers ook al vir die Bulls uitdraf, ek verwag hulle sal hul beste gee,” het Luke Watson, die Kings se kaptein, gesê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.