Rayno, Dusty veg om 14-trui

2012-02-09 22:27

Dusty Noble sal veel meer as sy basiese take moet verrig as hy vanjaar Super-rugby vir die Cheetahs wil speel. Foto: CHARL DEVENISH

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Hy het die jaar as die gunsteling begin om Rocco Jansen se vleuelmaat vir die Cheetahs in 2012 se Super-reeks te vorm.

Maar Dusty Noble kon nog nie genoeg oortuig om te verhinder dat sy afrigters verdere proefnemings maak om finaal te besluit oor wie op 25 Februarie in Johannesburg die nr. 14-trui teen die Lions sal dra nie.

En as hy nie vandag in Pretoria, en Rayno Benjamin môre in Polokwane, hul breiers genoegsaam oortuig nie, kan dit Cameron Jacobs se kanse op insluiting verbeter sonder dat hy die naweek aan ’n rugbybal raak.

“Ons het nog nie finaal besluit oor ons vleuels nie,” bevestig Hawies Fourie, agterlynafrigter van die Cheetahs.

“Rocco het ’n goeie laaste deel van die Curriebeker gehad en goed in ons opwarmstryde gespeel.

“Op regtervleuel kyk ons tussen Dusty en Rayno. Albei sal die naweek genoeg speelkans kry.”

Noble was aanvanklik vanweë sy goeie spel vir Griekwas in die Curriebeker-reeks in die binnebaan en dit het nie gelyk of dit kopkrap sou verg om die leemte te vul wat Jongi Nokwe se vertrek na die Southern Kings gelaat het nie.

Noble speel egter vandag om 15:00 op Loftus Versfeld vir die Cheetahs se “B-span” teen die Bulls se naasbestes en Benjamin word môre in Polokwane geweeg wanneer dié streke se groot kanonne arm druk.

Fourie sê dié vleuels weet wat hy van hulle verwag. “Ek soek ’n hoë werkverrigting sonder die bal.

“Hulle moet elke kans op die aanval afrond, goed wees onder die hoë balle en druk op die teenstanders sit wanneer ons skop. Die wedstryde teen die Bulls sal ’n goeie toets vir albei wees.”

Oor Jacobs sê Fourie dit is ’n jammerte dat hy in Shimlas se Varsitybeker-wedstryd teen die Ikeys beseer is en op senter speel.

Hy behoort betyds van sy heupbesering vir Maandag se wedstryd teen die Madibaz in die Rosestad te herstel.

“Hy het ’n goeie Curriebeker gehad en was ons eerste keuse op vleuel. Ons sal hom moet vergelyk met wat ons verlede jaar van hom gesien het en wat Dusty en Rayno bied.”

J.J. Harmse berig uit Pretoria die Bulls sal vandag die vertonings van veral Lionel Cronjé, Jean Cook, Daniel Adongo en Rayno Gerber stip dophou.

)Die spanne is:

Blou Bulle:Jurgen Visser, Sampie Mastriet, Ulrich Beyers, Adri Jacobs, Courtnall Skosan, Lionel Cronjé, Ruan Snyman, Jean Cook, Daniel Adongo, Shaun Adendorff, Cornell Hess, Gerrit-Jan van Velze, Rayno Gerber, Bongi Mbonambi, Dawie Steyn. PLAASVERVANGERS: Robbie Coetzee, Louis Alberts, Schalk van Heerden, Victor Hechter, Xander Redelinghuys, Tony Jantjies, William Small-Smith, Travis Ismaiel, Vincent Koch, Marvin Orrie.

Cheetahs: Riaan Smit, Dusty Noble, Jean Stemmet, Barry Geel, Wilmaure Louw, Sias Ebersohn, Tewis de Bruyn, Philip van der Walt, Justin Downey, Johan Wessels, Waltie Vermeulen, George Earle, Lourens Adriaanse, Ryno Barnes, Marcel van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Hercu Liebenberg, Eugene Butterworth, Ockie van Zyl, Leon Karemaker, Marnus Hugo, Marnitz Boshoff, Matthew Rosslee, Philip Burger.

Skeidsregter: Tiaan Jonker.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.