Plumtree hou by rotasie-beleid
2010-03-11 12:40
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Canberra - Die Sharks se agterlyn bly onveranderd vir hul wedstryd teen die Brumbies Saterdag in Canberra, maar die voorspelers het weer onder die breier John Plumtree se rotasie-beleid deurgeloop.
Die vleuel Odwa Ndungane het van sy dyspierbesering herstel en sal Saterdag vir die Durbaniete uitdraf.
Bismarck du Plessis speel Saterdag haker en kaptein John Smit skuif oor na vaskopstut met Jannie du Plessis wat op die plaasvervangerbank is.
Die kragman Craig Burden neem Deon Carstens se plek op die plaasvervangerbank in terwyl die 23-jarige Allistair Hargreaves in die plek van Wilhelm Steenkamp gekies is.
So lyk die span van die Sharks:
15. Stefan Terblanche, 14. Odwa Ndungane, 13. Adrian Jacobs, 12. Riaan Swanepoel , 11. JP Pietersen, 10. Andy Goode, 9. Ruan Pienaar, 8. Ryan Kankowski , 7. Willem Alberts, 6. Jacques Botes, 5. Johann Muller, 4. Steven Sykes, 3. John Smit (kaptein), 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16. Craig Burden 17. Jannie du Plessis 18. Alistair Hargreaves 19. Jean Deysel 20. Keegan Daniel 21. Rory Kockott 22. Waylon Murray.
- Sapa