Plaaslike klubrugby kry inspuiting
2012-02-02 22:33
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
BLOEMFONTEIN. – Dinge is aan die gebeur in plaaslike klubrugby met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) wat gister bevestig het dat agt spanne van die Vrystaat en die Griffons in ’n Uitdaagbeker-kompetisie sal meeding.
Die Vrystaat sal deur Collegians, Crusaders, Oud-Greys en Bloemfontein Polisie verteenwoordig word.
Oud-Greys het verlede jaar tot die eindstryd van die plaaslike Stadsbeker-liga deurgedring en moet as een van die vroeë gunstelinge beskou word.
Dié vier spanne sal ook Groep A vorm.
Welkom Rovers, Oud-Skoliere van Bethlehem, Harmony van Virginia en Henneman sal Groep B vorm.
Oud-Skoliere het jaarliks ’n sterk span en sal nie huiwer om die kennis van oud-Springbokke soos die haker Danie Coetzee en losskakel Gaffie du Toit te benut nie. Albei woon deesdae in Bethlehem en is nie skaam om hul kennis in plaaslike rugby terug te ploeg nie.
Die kompetisie skop op 18 Februarie af en die eindstryd word op 24 Maart beslis.
)Die bepalings is: 18 Februarie: Collegians t Welkom Rovers (Bloemfontein, 16:00), Crusaders t Oud-Skoliere (Bloemfontein, 16:00), Harmony t Oud-Greys (Virginia, 16:00), Henneman t Bloemfontein Polisie (Henneman, 16:00).
25 Februarie: Oud-Skoliere t Collegians (Bethlehem, 16:00), Harmony t Crusaders (Virginia, 16:00), Oud-Greys t Henneman (Bloemfontein, 16:00), Bloemfontein Polisie t Welkom Rovers (Bloemfontein, 16:00).
3 Maart: Collegians t Harmony (Bloemfontein, 16:00), Crusaders t Henneman (Bloemfontein, 16:00), Welkom Rovers t Oud-Greys (Welkom, 16:00), Oud-Skoliere t Bloemfontein Polisie (Bethlehem, 16:00).
10 Maart: Henneman t Collegians (Henneman, 16:00), Welkom Rovers t Crusaders (Welkom, 16:00), Oud-Greys t Oud-Skoliere (Bloemfontein, 16:00), Bloemfontein Polisie t Harmony (Bloemfontein, 16:00).
17 Maart – halfeindstryde.
24 Maart – eindstryd.
)Die Bloemfontein Crusaders-rugbyklub se openingsvergadering vind intussen vanaand om 17:30 in die klubhuis van die Clive Solomon-stadion in Heidedal plaas. Alle spelers en oud-spelers is welkom om die geleentheid by te woon.
)Twee spanne van Kimberley Polisie meet Saterdag op Itecpark in die Diamantstad in wedstryde teen Bloemfontein Weermag kragte. Die afskoptye is om 15:00 en 16:30.
- Volksblad