Pas op Bryce Lawrence, hier kom Piet van Zyl!

2012-01-30 21:44
Mnr. Piet van Zyl

Mnr. Piet van Zyl

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Tien jaar nadat mnr. Piet van Zyl sy naam in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis verewig het met ’n duikslag, het hy nou weer ’n skeidsregter in die oog.

Van Zyl het in 2002 opslae gemaak toe hy die Ierse skeidsregter Dave McHugh platgeloop het in ’n toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Durban.

Nou is hy op pad Nieu-Seeland toe vir die troue van sy stiefdogter. Maar, skerts hy, hy is lus om mnr. Bryce Lawrence se adres te gaan opsoek.

Lawrence het verlede jaar die mees gehate man onder Bok-ondersteuners geword met sy vertoning as blaser in die wedstryd waarin die Bokke uit die Wêreldbekertoernooi geskakel is.

Baie mense meen steeds dis nie die Wallabies wat die Bokke geklop het nie, maar dié Nieu-Seelandse skeidsregter se fluitjie.

Van Zyl sê hy wil net aan Lawrence se deur gaan klop, en as hy oopmaak, wil hy vir hom sê: “Hello Mr. Lawrence, this is Piet van Zyl.” Maar hy weet ook nie of hy dit vooraf hardop moet sê nie, want dalk keer hulle hom by die lughawe voor.

Oor die destydse duikslag op McHugh sê Van Zyl vandag hy is nie spyt daaroor nie. “Dis hy wat moeilikheid gesoek het, nie ek nie.” Maar hy voeg darem by dat mense wat hom ken, sal kan getuig dat hy nie regtig ’n hoogskop-en-storm-soort-mens is nie. Sy oorlede pa hét hom maniere geleer. Daardie dag het hy egter net geknak.

En nee, sê hy, dis nie waar dat hy lewenslank van Suid-Afrikaanse rugbystadions verbied is nie. Dit was maar net ’n dreigement van mnr. Riaan Oberholzer, destydse besturende direkteur van SA Rugby. Hy kyk nog gereeld rugby. Hy moet nog gaan seker maak van die bepalings, maar hy verstaan daar is ’n Super-15-wedstryd in Auckland voordat hy terugkom Suid-Afrika toe. As hy kan, wil hy beslis gaan kyk.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.