Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Omstrede blaser kry rooikaart

2010-03-10 23:41

BLOEMFONTEIN

Sanzar se skeidsregterbase het die Aussie Paul Marks, wat Sharks-ondersteuners met verskeie omstrede beslissings die harnas ingejaag het, ’n rooikaart vir sy vertoning met die fluitjie gegee.

Die Suid-Afrikaner Pro Legoete sal ook nie meer in vanjaar se Super-14-reeks as skeidsregter optree nie.

Marks sal ná sy omstrede beslissings in die naweek se wedstryd in Sydney tussen die Sharks en Waratahs “nie weer maklik” in 2010 vir ’n Super14-wedstryd aangestel word nie.

Dié Australiese skeidsregter het onder meer ’n groot blaps begaan deur nie ’n strafdrie in die laaste oomblikke van dié wedstryd aan die Sharks toe te ken nie.

Eerder as ’n strafdrie, het Marks besluit om Kurtley Beale net met ’n geelkaart te straf en ’n strafskop aan die Sharks toe te ken nadat Stefan Terblanche se aangee aan Ryan Kankowski, met ’n oop doellyn wat wink, onwettig deur Beale afgeklap is.

In ’n omsendbrief het Lyndon Bray van Nieu-Seeland gesê die skeidsregterbase het vandeesweek, net soos die afrigters, “harde” besluite geneem.

“Albei Paul Marks en Pro Legoete het die boodskap gekry dat hulle nie in die nabye toekoms sal blaas nie,” skryf Bray.

Hy het gesê daar sal langs die kantlyn hard aan albei skeidsregters gewerk word en dat die skeidsregterbase hulle sterkte toewens.

Marks is volgens ’n skeidsregterbaas net nie op dié een wedstryd beoordeel nie, maar op sy vertonings in die reeks.

Legoete was vanjaar in die Super14-reeks nog net 120 minute in beheer as ’n skeidsregter.

Hy is as ’n plaasvervanger-skeidsregter in die tweede helfte van die wedstryd tussen die Sharks en die Cheetahs opgestuur nadat Jonathan Kaplan ná rustyd weens ’n ongesteldheid nie kon voortgaan nie.

Legoete was ook die skeidsregter in die wedstryd tussen die Cheetahs en die Highlanders in Bloemfontein.

Legoete het volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), se skeidsregtersbaas, André Watson, die vermoë om weer op Super14-vlak te blaas.

“Heel anders as Marks, het Pro nie veel ondervinding nie, terwyl Marks reeds ongeveer tien keer geblaas het.

“Ons glo Pro kan dit maak, maar daar is sekere tegniese dinge wat hy eers op ’n ander vlak moet uitsorteer.”

Watson sê bogenoemde stappe deur die skeidsregterbase kan nie as iets ongewoon beskou word nie.

“Ons doen dit al jare lank. Dis nou eers openlik gesê.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ENGINEERING MANAGER: MECHANICAL AND PIPING

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

ELECTRICAL ENGINEERING MANAGER

Gauteng,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Application Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 129,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

RENAULT

Modus 1.2 Authentique 5-dr
2005
R 84,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video