Luke uit, maar maan maats oor fluitjie

2012-02-09 22:27
Luke Watson

Luke Watson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Luke Watson teen Schalk Burger was veronderstel om ’n groot trekpleister te wees, maar nou gaan nie een van dié twee losvoorspelers in môre se opwarmstryd tussen die Southern Kings en Stormers speel nie.

Watson het hom met ’n seer skouer aan die rugbywedstryd onttrek en sal dus nie hier in die Nelson Mandelabaai-stadion teen sy ou span speel nie.

Vleis Engelbrecht sal nou na agtsteman skuif, met Boetie Britz wat van die Kings se plaasvervangersbank af in Engelbrecht se plek op flank inskuif.

Die ervare slot Darron Nell sal die span in Watson se plek lei.

Watson het wel waardevolle raad vir sy spanmaats gehad, veral nadat die Kings verlede week teen die Bulls onder die skeidsregter Stuart Berry se fluitjie deurgeloop het.

“Verlede week kon die spel weens al die strafskoppe nie vloei nie. Die skeidsregters kry elke jaar iets waaraan hulle spesiale aandag gee.

“Ons kan nie die fout maak om dit te ignoreer nie. Ons moet spesiale aandag daaraan gee anders gaan ons spyt wees.”

Lourens van der Merwe blaas môre en sal die afbreekpunte en die vaste skrums fyn dophou.

Die Kings het ook in die lynstane teen die Bulls les opgesê met Wilhelm Steenkamp wat hulle ore aangesit het. Met Andries Bekker, wat omtrent soos die Toring van Babel in ’n lynstaan uittroon, kan die Kings weer probleme verwag.

David Bulbring, die man wat die Kings se lynstaantekens uitroep, sal sy storie moet ken.

Wat die vaste skrums betref, het Alan Solomons, die Kings- breier, gesê hy soek ’n verbetering. Daar was wel min skrums teen die Bulls, maar dit het gelyk of die Kings gesukkel het om die skrums reguit te hou.

Solomons is minder bekommerd oor wen of verloor as die toekoms van die Kings.

“Dis nou nog ’n kwessie van die huidige spelers wat moet bewys dat hulle deel van ons planne vir aanstaande jaar se Super-reeks moet wees. Die uitslag is irrelevant,” het hy gesê.

Solomons het strukture in die streek gevestig om seker te maak dat die Kings mettertyd mededingend op streekvlak kan wees.

“Hier is nou ’n goeie akademie, ’n rugby-afdeling en mediese strukture. Ek het ook ’n omvattende strategiese plan opgetrek. Dit sluit die werwing van spelers in,” het hy gesê.

“Die Oos-Kaap het nog nie in die beroepsera Super-rugby gehad nie. Dis fantasties vir die streek om dit nou te kry.

“Die swart gemeenskappe hier was nog altyd versot op die spel en die toekenning van ’n streekspan sal rugby hier laat herleef.”

Intussen moet Solomons maar met ’n gelapte span teen die Stormers speel. Devin Oosthuizen (losvoorspeler), Joe Snyman (slot), SP Marais (heelagter), Jongi Nokwe (vleuel), Siyanda Grey (senter) en George Whitehead (agterspeler) is beseer.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.