Lappies draf voor teen die Ikeys

2012-02-02 22:33

KIMBERLEY. – Shimlas het ’n yslike hupstoot gekry vir hul eerste Varsitybeker-wedstryd Maandag teen die Ikeys met die nuus dat hul kaptein, die Cheetahs-flank Lappies Labuschagné, wel sy span op die veld kan lei.

Labuschagné het die Shimlas se onlangse opwarmwedstryd teen die Pukke saam met sy mede-losvoorspelers Willie Britz en Freddie Ngoza langs die kantlyn dopgehou. Maar die Shimlas-breier, Jaco Swanepoel, het gister bevestig dat Labuschagné volkome van ’n kniebesering herstel het en oorgehaal is vir die ontmoeting in die Kaap.

“Lappies het volkome herstel en homself reeds in vandeesweek se oefening bewys. Hy het kontak gemaak in die oefensessies en sal beslis voor uitdraf in die Kaap,” het Swanepoel gesê.

Dié breier sal die goeie nuus oor Labuschagné se terugkeer met ope arms verwelkom, want verskeie ander staatmakers is nog op die krukkelys.

Die flank Hanno Pieterse het sy dyspier geskeur en sal nie vanjaar in die reeks in aksie wees nie. En hoewel ander beseerdes soos Jamba Ulengo (vleuel), Britz en die losvoorspeler Erik le Roux (gebreekte wangbeen) goed herstel, sal hulle nie teen die Ikeys speel nie.

“Hanno het ’n erge dyspier-besering. Die skeur is hoog op in sy boud en hy is pas daarvoor geopereer. Hy sal vir minstens vier maande buite aksie wees. Jamba en Willie vorder albei fluks, maar behoort eers oor onderskeidelik ’n week en twee weke gereed te wees. Dieselfde geld Freddie Ngoza, terwyl Erik ook oor so vier weke weer oorweeg behoort te word,” het Swanepoel bygevoeg.

Veral Ulengo se afwesigheid is ’n groot slag, aangesien hy met sy blitsige vleuel-spel goud teen die Kapenaars werd sou wees. Hy het ook las van ’n dyspier en het nog nie in enige van die Shimlas se opwarmwedstryde gespeel nie. Maar daar is genoeg diepte, aldus Swanepoel.

“Ons het 90% van die span vir Maandag reeds gefinaliseer. Met Jamba uit, sal daar’n paar skuiwe wees en kan spelers soos Robbie van Schalkwyk en Nico Scheepers vir die Ikeys-wedstryd ingespan word,” het die breier afgesluit.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.