Ixias se Juan Maandag voor VRU-tugkomitee

2012-02-03 21:55

KIMBERLEY. – Die Ixias sal Maandag weet hoe lank hulle sonder hul agtsteman Juan Hugo vir die Varsityskild-rugbyreeks oor die weg moet kom.

Hugo is Donderdag in Pietermaritzburg in die Ixias se sege van 30-10 oor die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) met ’n rooikaart vir ’n gevaarlike duikslag gestraf.

Hy het die UKZN se slot Gerrit Fourie geboorvat nadat laasgenoemde een van sy spanmaats glo geskop het. Fourie het met ’n geelkaart weggekom.

Hugo moet nou Maandag by die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) voor ’n tugkomitee verskyn en kan vir tot twee weke geskors word. Sy afwesigheid sal ’n groot slag vir die Ixias wees, want die span van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) moet reeds sonder die beseerde agtsteman Ruan Lombaard (liesbesering) oor die weg kom.

Hugo is in die 19de minuut van Donderdag se kragmeting afgestuur, maar die besoekers het kopgehou en uiteindelik hul eerste sege oor die Impi’s behaal.

“Ek is werklik verras met ons vertoning. Ons het ongeveer 60 minute met net 14 spelers gespeel, maar die ouens het karakter gewys en goed verdedig.

“Dit was ’n moeilike wedstryd, veral omdat ons hulle nog nooit voorheen geklop het nie. Maar ons is baie tevrede,” het die Ixias se breier, Theuns Hanekom, gister gesê.

Die Ixias het deurentyd aangeval en is uiteindelik met drie vyfpunters beloon. Hulle kon nie ’n bonuspunt verdien nie, maar Hanekom-hulle sal breed glimlag omdat hul span tans bo-aan die reeks se puntelys is.

“Die spelers is behoorlik lyfseer ná twee wedstryde so kort ná mekaar. Maar ons het twee seges gesoek en dit gekry. Ons het volgende week ’n loslootjie wat die ouens kans gee om goed uit te rus,” het Hanekom bygevoeg.

Die senter Gerrit Smith het sy dyspier teen die Impi’s beseer, terwyl Lombaard, die heelagter Charlie Hitchcock (enkel) en slot Carl Wegner (enkel) ook nog op die krukkelys is.

Dit is nog onseker of hulle op 13 Februarie tuis teen Fort Hare in aksie sal wees.

)Puntemakers:

Ixias 30: Drieë: Baksteen van Heerden, Nico Steenkamp, Inus Kritzinger. Doelskoppe: Jannie Myburgh (3). Strafskoppe: Myburgh (2). Skepdoel: Myburgh. UKZN 10: Drieë: Leon Stevens, Hanno Botha.

)Wits het geen probleme ondervind nie om Fort Hare Donderdag in Johannesburg met 58-14 ore aan te sit.

Wits se vleuel Riaan Arends het twee van sy span se agt drieë gaan druk, met die losskakel Kyle Peyper wat 18 punte met sy skopvoet bygedra het.

Die vleuel Garth van Rayner het Fort Hare se enigste twee drieë gaan druk.

)Puntemakers:

Wits 58: Drieë: Riaan Arends (2), Brent Cross­ley, Devin Montgomery, Charles Baggott, Oliver Rochat, Ruan Noeth, Heinke Hartdegen. Doelskoppe: Kyle Peyper (6). Fort Hare 14:Drieë: Garth van Rayner (2). Doelskoppe: Teboho Makhuru (2).

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.