Inus-hulle soek wraak én eerste sege oor Impi’s

2012-02-01 23:01

Die woelige Ixias-skrumskakel Stephan Griesel skuif na die bank vir vandag se Varsityskild-wedstryd teen die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Dit klink dalk vreemd, maar die Varsityskild-kampioen draf vanaand om 19:00 teen ’n rugbyspan uit wat hy nog nooit in dié reeks kon klop nie.

En juis daarom meen Theuns Hanekom, die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se afrigter, sy span skuld die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) ’n loesing in Pietermaritzburg.

Ixias het in 2011 twee keer naelskraap in die groepfase teen UKZN vasgeval. Die tuisspan het SUT met 39-38 in die Rosestad en met 24-22 in sy agterplaas geklop.

Die Bloemfonteiners het Maandag hul reeks goed begin deur Wits, verlede jaar se ander finalis, met 25-12 te klop, maar wil ’n eerste sege oor die Impi’s behaal.

“Hul afrigter (Bryan Bateman) het vroeër gesê sy span het ons nommer.

“Die laaste groepwedstryd van verlede jaar teen hulle het nie juis saak gemaak nie, aangesien ons reeds in die eindstryd was.

“In die eerste kragmeting in Bloemfontein was dit ’n kwessie van ’n strafskop teen die einde wat hulle laat wen het.

“Maar ons skuld hulle een en wil sake regstel,” sê Hanekom.

Die besoekers sal met vier nuwe gesigte, Noel Marx, Jean Hugo, Shaun McGeer en Danie van der Merwe, begin.

Die beseerde heelagter Charlie Hitchcock (enkel) is nog nie fiks nie, maar Jannie Myburgh sal nie weer die laaste vesting beman nie. Myburgh is losskakel, met Marx wat die nr.15-trui dra.

Met Myburgh as generaal, skuif die kaptein, Inus Kritzinger, terug na skrumskakel en sal Stephan Griesel sy adjudant wees.

Hugo, McGeer en Van der Merwe vervang onderskeidelik die agtsteman Ruan Lombaard (lies), slot Carl Wegner (enkel) en stut Petri Coetzee (werksverpligtinge).

)Die Ixias-span is: Noel Marx, Alec Mhlanga, Gerhardt Smit, Mapello Mpondo, Nico Steenkamp, Jannie Myburgh, Inus Kritzinger (k), Jean Hugo, Frans Sisita, Francois Harvey, Gavin Annandale, Shaun McGeer, Danie van der Merwe, Baksteen van Heerden, Rudi Britz. PLAASVERVANGERS: Deon Gouws, Rudi Fuls, Grant Shai, Donovan Ball, Stephan Griesel, Leon Pretoruis, Jacques Boesak, George Marnith.

) In vandag se ander kragmeting sal Wits graag hul eerste sege van 2012 se veldtog in hul agterplaas teen die Universiteit van Fort Hare wil behaal.

Albei spanne het Maandag hul eerste wedstryde, Wits teen Ixias en Fort Hare teen die Universiteit van Wes-Kaapland, verloor.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 209,995.00

SAAB

9-3 Sport Sedan Linear 2.0 LPT
2007
R 169,900.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.