Ferreira straks teen Stormers geweeg in Kaap

2012-02-01 22:18

Die slot Andries Ferreira kan Saterdag met ’n goeie vertoning teen die Stormers sy plek in die Cheetahs se finale groep vir die Super-reeks bespreek. Foto: Charl Devenish

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Die Cheetahs se slot-aanwins, Andries Ferreira, kan Saterdag in Kaapstad teen die Stormers sy groot kans voor die Super-rugbyreeks kry.

Sport24 verneem dat dié voormalige Jong Bokkie die gunsteling is om in sy span se derde oefenstryd van 2012 in die beginspan te wees.

Die 21-jarige Ferreira sal straks een van ’n paar veranderinge aan die Cheetahs-voorspelers wees wat in die oefenwedstryd speel.

Die vaskopstut WP Nel behoort ook weer ná ’n skoueroperasie te speel. Nel kon nog nie verlede naweek in dié sentrale streekspan se eerste oefenstryd teen die Southern Kings oorweeg word nie.

Hoewel die Cheetahs nog nie hul groep vir die Stormers-stryd bekend gemaak het nie, het Ferreira gister in die beginspan geoefen.

Dié boorling van Despatch het hom aan die einde van 2011 se Curriebeker-reeks van die Franse klubspan Biarritz af hier aangesluit. Die afrigtingspan hoop hy kan in ’n hardebaard nr.4-slot ontwikkel.

Hy ding met Francois Uys en George Earl in dié posisie mee.

Ferreira was ’n plaasvervanger teen die Kings en ’n uitblinker vir die Cheetahs in Desember se Versoeningsdag-feesstryd teen die Griffons.

Hy het sy loopbaan by Affies in Pretoria begin. Hy het die Bulle ook op Cravenweek-, o.19-, o.21- en Vodacombeker-vlak verteenwoordig het.

Hy het ook twee jaar lank vir die Suid-Afrikaanse o.20-span uitgedraf.

Die Cheetahs sal met 25 spelers na die Kaap reis.

Volgens Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, sal dieselfde agterlyn as teen die Kings in die Moederstad speel.

Hy sê ook die meeste van sy plaasvervangers – die skrumskakel Marnus Hugo, losskakel Sias Ebersohn, senter Philip Snyman, vleuel Rayno Benjamin en heelagter Willie le Roux – sal heelwat speelkans kry.

) Die skrumskakel Tewis de Bruyn keer volgens Fourie môre van die Franse klubspan Lyon af terug. De Bruyn het hom in November, gedurende die Cheetahs se voorseisoen, by Lyon aangesluit.

Die breier sê De Bruyn sal in een van die sentrale streekspan se twee spanne die Bulls pak. Die Cheetahs speel op 11 Februarie hul laaste opwarmkragmetings teen twee spanne van die Bulls.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.