Cecil, Branco kan SA weer op wenpad kry

2012-02-01 23:01

Branco du Preez is weer perdfris. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Vier maande gelede is die Springbok druipstert op ’n vroeë vlug uit Wellington weg, verleë in die wete dat nie net die Webb Ellis-beker afgestaan is nie, maar ook dat miljoene Suid-Afrikaners teleurgestel is.

Dieselfde onus rus sekerlik nie van môre-oggend af op Paul Treu en sy Blitsbokke nie, maar hulle kry tog ’n ideale kans om weer Suid-Afrikaanse rugby se pronk terug te kry as hulle in dié Nieu-Seelandse stad vir die vierde toernooi van die Internasionale Rugbyraad se wêreldreeks vir sewes aantree.

Die Blitse is een van die gunstelinge en is ná toernooie in Australië, Doebai en Port Elizabeth slegs drie punte agter Fidji en Nieu-Seeland op die punteleer.

Paul Treu en sy troepe is redelik stert in die lug ná daardie laaste toernooi in die Baai, waar hulle in die laaste sekonde van die wedstryd die skinkbord vol sjampanje aan Nieu-Seeland oorhandig het. Sedertdien het sy twee spelskeppers van wêreldgehalte, Cecil Afrika en Branco du Preez, volkome van hul skete herstel en Treu het twee maande kans gehad om ’n wedstrydplan en fiksheid in sy span in te dril.

Voeg daarby die nuwe gesig van Stephan Dippenaar, wat voorheen in die Westpac-stadion Superrugby vir die Bulls gespeel (en gewen het), en dit is duidelik dat daar geen rede is waarom Treu nie 2002 se glorie, toe hy self as speler dáár gewen het, as breier kan herhaal nie.

Dippenaar is ’n onbekende faktor vir sy eie span ook, maar belangriker nog, een waarvan sy teenstanders nog niks weet nie. En daardie een onbekende speler kan genoeg wees om jou te bevoordeel in ’n toernooi waar minstens ses spanne as wenner gekroon kan word.

Dat dit Nieu-Seeland ’n ewigheid geneem het om sy eie toernooi te wen ondanks sy oorheersing op ander vastelande, is egter ’n duidelike bewys dat Wellington se goue medaljes nie in elkeen se broeksak beland nie. Daarvoor is die “maklike” wedstryde te straf en kan ’n spikkel in die Stille Oseaan soos die Cook-eilande jou net soveel probleme besorg as Engeland of die VSA, die Blitse se ander teenstanders in Groep B.

Verwag nietemin van Suid-Afrika om goed te doen.

Die Blitsbokke het genoeg ervaring, spierkrag, breinkrag en wilskrag om dit te doen. Afrika en Du Preez gaan instrumenteel wees in ’n moontlike sege, al is dit net om as weerligafleier te dien en gapings vir spanmaats te skep.

Daar is natuurlik nog ’n belangrike rede.

Die Bok op die bors...

)Die groepe is:

A:Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Japan.

B: Suid-Afrika, Engeland, VSA, Cook-eilande.

C: Fidji, Wallis, Argentinië, Tonga.

D: Frankryk, Australië, Kanada, Kenia.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.