Breiers vra blasers se hulp

2012-01-31 22:01

KAAPSTAD. – Eerbiedig die reëls by die afbreekpunte of dra die gevolge.

Dís effektief die boodskap uit skeidsregtersgeledere aan span­ne voor die aanvang van 2012 se Super-rugbyreeks en ander kompetisies in Suid-Afrika.

Suid-Afrika se skeidsregterbaas, André Watson, het gister bevestig dat blasers daarop gewys is dat onwettige spel by die afbreekpunte hokgeslaan móét word. Dit volg op terug­voer aan Sanzar deur afrigters.

“Die terugvoer deur afrigters was dat daar beter polisiëring van onkantspel by die afbreekpunte moet wees. Daar was dikwels gevalle waar die verdedigende span by etlike fases onkant was en daarmee weggekom het,” het Watson gesê.

“Daar is geen reëlverandering nie, maar die onkantreël sal streng toegepas word en die speler wat die duikslag uitvoer, móét wegrol.

“’n Speler wat help om die duikslag uit te voer, maar op sy voete is, moet daglig wys voordat hy toegelaat sal word om die bal te probeer wen. Terselfdertyd is gesê dat streng opgetree moet word as die aanvallende span die bal onwettig beskerm.

“Die ouens gaan van hul voete af om die bal te beskerm of is by tye handeviervoet en nie op hul voete nie.

“Die behoud van besit behoort tog op jou vaardighede gebaseer te word en nie op onwettige behoud deur byvoorbeeld oor die bal te val nie.”

Watson het benadruk dat geen reël ten opsigte van die afbreekpunte verander het nie.

“Soms klink dit uit praatjies oor sogenaamde klemverskuiwing in die reëls asof die skeidsregters hulself in ’n kamertjie toesluit, die gordyne toetrek en nuwe reëls uitdink.

“Niks is verder van die waarheid nie. Die kwessie van die afbreekpunte is deur afrigters aangeroer.”

Die Stormers het Saterdag veral by die afbreekpunte deurgeloop in hul opwarmwedstryd teen die Lions. Hul afrigter, Allister Coetzee, is bekommerd daaroor dat sy span 20 keer gestraf is.

)Intussen het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ook in ’n verklaring uitgestippel waar die klem in vanjaar se skrums gaan wees. Dit volg op ’n “oefenkamp” deur Suid-Afrika se voorste skeidsregters saam met top-rugbybreine soos Balie Swart, Rassie Erasmus en Rudolf Straeuli.

Klem word daarop gelê dat voorrye dadelik reg moet inslaan en dat hul koppe nie aan mekaar moet raak voor dit gebeur nie. Die spanne moet ook op presies dieselfde tyd as die skeidsregter se roep inslaan.

Die voorrye moet ook met die inslaan reguit skrum en die loskoppe mag nie poog om teen ’n hoek “om die vaskoppe te loop nie”. Stutte moet ook korrek bind en mag nie hul hand op die grond druk nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.