Brad een van SA trio teen Skotte

2012-02-02 22:20

BAGSHOT. – Brad Barritt, ’n voormalige senter van die Haaie en die Opkomende Springbokke, maak môre sy buiging vir Engeland se rugbyspan in die Rose se eerste Sesnasies-wedstryd van die jaar – teen Skotland in Edinburg.

Barritt (25) het Suid-Afrika in 2008 verlaat nadat die Haaie die Curriebeker gewen het om vir Saracens te gaan speel.

Hy kwalifiseer danksy sy grootouers en ouers se herkoms om vir Engeland te speel.

Sy een Saracens-spanmaat, die 20-jarige Owen Farrell, is sy sentermaat. Hulle is die eerste senterpaar sonder toetservaring wat sedert 2002 vir Engeland speel en dít is iets wat die Engelse laas in 1969 in dié reeks gewaag het.

Engeland se tussentydse afrigter, Stuart Lancaster, het nog ’n Suid-Afrikaner van Saracens, die slot Mouritz Botha, in die beginspan gekies.

Botha het nog net een toets vir die Engelse gespeel.

Lancaster het die groentjie-agtsteman, Phil Dowson, ook ingesluit en het ’n onervare span gekies. Hy beoog om die span te herbou ná die skandes van 2011 se Wêreldbeker-toernooi.

Nog ’n Saracens-speler, die losskakel Charlie Hodgson, is terug en gaan die mees ervare speler in die beginspan met 36 toetse wees.

’n Ander Suid-Afrikaner van geboorte, die stut Matt Stevens, is ’n Engelse plaasvervanger.

Altesame sewe lede van die beginspan durf die wedstryd aan met minder as tien toetse op hul kerfstok, met die Harlequins-flank Chris Robshaw wat die span in sy tweede toets lei.

Skotland se beginspan het in 501 toetse gespeel, teenoor Engeland se 236.

)Die Engelse span is:Ben Foden, Chris Ashton, Brad Barritt, Owen Farrell, David Strettle, Charlie Hodgson, Ben Youngs, Phil Dowson, Chris Robshaw (k), Tom Croft, Tom Palmer, Mouritz Botha, Dan Cole, Dylan Hartley, Alex Corbisiero. PLAASVERVANGERS: Rob Webber, Matt Stevens, Geoff Parling, Ben Morgan, Lee Dickson, Jordan Turner-Hall, Mike Brown.

)Die oud-Griekwas-skrumskakel Tobie Botes (27) kan môre sy toetsbuiging maak nadat hy as plaasvervanger vir Italië vir die wedstryd teen Frankryk gekies is.

- Sapa - AFP

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.