Blitse soet én suur

2012-02-03 21:55

Cornal Hendricks van die Blitsbokke het hom nie twee keer laat nooi om sy staal te wys in die Groep B-wedstryd gister in Wellington teen die Cook-eilande nie. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA, – Die plan was om te bly fokus op hul eie spel en doelwitte en hulle nie te steur aan die eksterne faktore in die Westpac-stadion nie, of dat hulle (al weer) teen Fidji in die kwarteindstryd moes speel nie.

Só het die Blitsbokke se afrigter, Paul Treu, laat blyk nadat sy sewesspan gister se eerste dag van die Internasionale Rugbyraad se Wellington-toernooi in Nieu-Seeland met kliniese oorwinnings afgesluit het.

Suid-Afrika het met seges oor die VSA (21-0), Cook-eilande (43-0) en Engeland (14-10) as wenner van Groep B geëindig.

Dit het die span vanoggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) met Fidji laat kragte meet.

Fidji was tweede in Groep C nadat Tonga hom vroeër verrassend met 17-14 verslaan het.

Dit was ’n rowwe dag op en van die veld af, met ’n toeskouer wat tydens die laaste wedstryd van die dag, tussen Nieu-Seeland en Samoa, op die veld verskyn en ’n Samoaanse speler geduik het.

Dié kêrel is een van agt toeskouers wat in hegtenis geneem is. Daar is ook 28 van die 31500 toeskouers uit die stadion geskop, glo ’n verbetering op verlede jaar se syfers.

Treu sal ook hoop die Blitse vaar beter as verlede jaar toe Australië hulle in die kwarteindronde uitgeskakel het.

Die Blitsbokke was soos gewoonlik op dag een, soet en suur. Hulle het puik sewesrugby in hul eerste twee wedstryde gespeel, met veral Steven Hunt wat gedy het in die ruimte wat sy spanmaats vir hom geskep het.

Teen Engeland het die span weer in sy ou taktiek van stampkar-sewes verval en eers nadat Branco du Preez met ’n paar hinkstappe vorendag gekom het, is die Engelse geknak.

Die feit dat Cecil Afrika en Kyle­ Brown ruskans gegee is teen Engeland, het dalk tot dié speelstyl bygedra.

Dit was straks ook ’n goeie sielkundige salvo deur Treu, wat sy twee beste spelers doelbewus laat rus het en steeds die Engelse kon troef.

“Hulle was ’n bietjie styf en seer,” het Treu verduidelik.

In die ander kwarteindstryde het Nieu-Seeland teen Frank­ryk, Engeland teen Tonga en Samoa teen Kanada gespeel.

Die wenner van die stryd tussen Suid-Afrika en Fidji, kom vanoggend om 08:00 in die halfeindronde teen die wenner van Kanada en Samoa se kragmeting te staan.

Kanada en Tonga het die grootste verrassings gelewer deur tot die laaste agt deur te dring, met ander spanne soos Australië, Wallis en Skotland wat teleurgestel het.

TV: Alle wedstryde van 02:00 tot 11:30 regstreeks op SS 1 en GDN.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.