Aussie in sop oor Bok-opmerkings
2010-09-06 11:54
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Kaapstad - Die Australiese swemmer Stephanie Rice is volgens The Daily Telegraph of Sydney in warm water oor homofobiese uitsprake wat sy op Twitter teenoor die Springbokke gemaak het.
Rice het ná die Australiese rugbyspan se oorwinning oor Suid-Afrika in Bloemfontein op Twitter getweet: "Suck on that f**gots."
Ian Roberts, `n voormalige Australiese rugbyspeler wat openlik gays is, het sterk uitgevaar teenoor Rice se kommentaar.
Rice het glo die tweet van haar Twitter-blad gehaal en `n verskoning gevra vir haar opmerking.
Rice (22) het drie goue medalkes by die Olimpiese spele in Beijing in 2008 gewen en is `n wêreldrekordhouer in die 400m-wisselslag.
Lees meer hier.