Vernon wys hy’t nie tans gelyke in SA

2012-02-03 21:55

Alles loop reg, altyd reg... Ná nog sewe paaltjies in die sakkie het Vernon Philander goeie rede om tevrede met die lewe te lyk. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Vernon Philander het gister nogmaals gewys dat hy nie tans sy gelyke het in plaaslike krieket in Suid-Afrika nie.

Philander het gister hier op ’n morsdooie Nuweland-kolfblad die beste boulontleding van sy loopbaan behaal toe hy 7/61 in die Knights se eerstebeurt-totaal van 345 geneem het.

Die Knights is nietemin steeds in beheer van die wedstryd nadat die Cobras 118/3 met die uitskeityd behaal het. Dit is ’n agterstand van 227 lopies.

Philander was egter die ster.

Die 27-jarige Kapenaar het dié seisoen toetskrieket soos strandkrieket laat lyk toe hy in sy eerste vier toetse vir Suid-Afrika 30 paaltjies teen ’n verstommende gemiddelde van 13.23 platgetrek het. Australië en Sri Lanka het nie een ’n antwoord vir sy akkurate boulwerk gehad nie.

Daar was diegene wat gemaan het dat ’n mens eers moet sien hoe hy in minder gunstige toestande boul voor jy sy lof té hard besing. Philander het egter dié afgelope twee dae egter gewys hy kan op enige oppervlak sukses behaal.

Hy het eergister aanvanklik gesukkel om paaltjies te neem, maar was steeds suinig en het gehelp om die Knights tot minder as 3 lopies per boulbeurt te beperk. Hy het geen paaltjies in sy eerste 16 boulbeurte platgetrek nie; al 7 het in die oorblywende 16 boulbeurte gekom.

Hy het 4 van sy 7 slagoffers geboul.

Rilee Rossouw het egter seker gemaak dat die Knights stewig in die saal is. Hy het met ’n indrukwekkende 144 nie uit nie (503 minute, 367 balle, 29x4, 1x6) geëindig. Rossouw is gewoonlik ’n baie voortvarende kolwer, maar hy het in dié beurt met uitstekende konsentrasievermoë en fokus vorendag gekom.

) Die Dolphins het gister hard teruggeslaan in hul wedstryd in Durban teen die Lions toe hulle 198/3 met die uitskeityd bereik het.

Die Lions is vroeër vir 418 uitgeboul met Kyle Abbott (5/76) die groot uitblinker met die bal.

Die Dolphins se aanvangskolwers, Imraan Khan (62) en Divan van Wyl (86), het toe 161 lopies om die eerste paaltjie gemoker. Die jong veelsydige speler Chris Morris het van albei ontslae geraak. Die Dolphins sal vandag swaar leun op hul twee Protea-kolwers, Hashim Amla (12*) en David Miller (6*), om hul beurt aan die gang te hou.

) Die tweede dag van die wedstryd in Oos-Londen tussen die Titans en die Warriors is nogmaals afgelas sonder dat ’n bal geboul is. Swaar reën het steeds sake in die wiele gery. Eergister was daar ook geen spel moontlik nie.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat daar ’n uitslag sal wees in dié stryd. Dit is ’n reuse-knou vir die Titans se kans om die reeks te wen.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.