Swanepoel kolf plek oop in span

2012-01-31 22:01

Die veelsydige Werner Coetsee sal voortaan op nommer ses vir die krieketspan van die Knights in die SuperSport-reeks uitstap. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Die Knights-keurders het weer gewys hulle beloon goeie spelpeil deur Aubrey Swanepoel te herroep vir hul SuperSport-krieketstryd van môre af in Kaapstad teen die Cape Cobras.

Swanepoel het verlede week in Kimberley in Griekwaland-Wes se driedagwedstryd teen KwaZulu-Natal sy vierde honderdtal van die provinsiale kompetisie gemoker.

Hy is met 721 lopies, teen gemiddeld 72.10 per beurt, die top-kolwer in dié kompetisie en ook ’n rede waarom Griekwas die voorlopers daarin is.

Swanepoel is gekies in die plek van Ryan Bailey wat 1 en 0 in die Knights se vorige wedstryd teen die Lions aangeteken het.

Die veelsydige Swanepoel is ’n baie bruikbare draaibalbouler, wat beteken dat die Knights nou met drie draaiers vir hul belangrike wedstryd Nuweland toe opruk.

Werner Coetsee is vroeër ook vir sy uithalerspel vir Griekwas beloon.

Hy het toe nie teleurgestel in sy eerste SuperSport-wedstryd teen sy voormalige spanmaats nie. Sy onoorwonne 78 op nommer agt teen die Lions was een van die redes waarom hulle ’n eerstebeurt-voorsprong gehad het en hy sal na dese sesde kolf.

Die Johannesburgse weer het spel in die vorige wedstryd telkens ontwrig, wat ’n geweldige knou vir die Knights in die pylvak van die SuperSport-reeks was.

Die Lions het 83/5 in hul tweede beurt op soek na 323 gehad toe spel op die laaste dag kort voor die teepouse afgelas is.

“Hulle sou nie sommer die lopies kry nie en was teen die planke wat dit betref,” sê Sarel Cilliers, breier van die Knights.

“Ons het baie goed geboul in hul tweede beurt.

“Ons sou met die paaltjie van Neil McKenzie (27*) of Thami Tsolekile (1*) ’n goeie kans gehad het om te wen.

“Dis jammer oor die weer; dis ’n deel van die spel waaraan jy niks kan doen nie.”

)Die Knights is met drie punte gestraf vir slakkepas-boulwerk in hul vorige wedstryd teen die Cape Cobras in Kimberley.

Hulle is steeds derde met 89.60 punte.

Die Titans 102.82 en Cobras 101.42 is die voorlopers met nog twee wedstryde oor.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.