Sachin (203) kasty Sri Lanka

2010-07-29 22:31

Johannesburg. – Sachin Tendulkar het gister in Colombo met sy vyfde dubbele honderdtal eiehandig Indië se hoop om die reekslouere met Sri Lanka te deel, lewend gehou.

’n Onbesliste uitslag is nou onvermydelik, nadat dié 37–jarige kolfmaestro op die voorlaaste dag van die tweede toets vir meer as agt ure lank walgegooi het in sy spogbeurt van 203 lopies (347 balle, 23 x 4, 1 x 6).

Dít, nadat ’n tweede agtereenvolgende opvolgbeurt die besoekers vroeër (op 241/4) in die gesig gestaar het in antwoord op Sri Lanka se yslike 642/4.

Die tuisspan is met 1-0 voor in die reeks van drie toetse, nadat hulle die eerste kragmeting in Galle met 10 paaltjies gewen het.

Danksy ’n vennootskap van 256 lopies om die vyfde paaltjie tussen Tendulkar en Suresh Raina (120, 228 b,12 x 4, 2 x 6) kon Gary Kirsten se span gisteraand op 669/9 gaan slaap.

Met dié beurt het Raina, wat op die laaste nippertjie ingesluit is in die plek van die olike Yuvraj Singh, net die negende Indiër nóg geword om die driesyfer-kerf te behaal in sy eerste toets.

Hy is kort ná middagete deur Ajantha Mendis (4/157) uitoorlê, maar stééds kon die Sri Lankane nie die lopiekrane toedraai nie.

Tendulkar en Mahendra Singh Dhoni (76, 138 b, 7 x 4), het ’n verdere 95 lopies om die sesde paaltjie bygedra, voordat die Indiese kaptein en Abhimanyu Mithun (41, 97 b, 4 x 4) saam nóg 51 lopies opgestapel het ná Tendulkar se vertrek.

Terselfdertyd kon Sri Lanka nie die gate toestop nie, wat die afwesigheid van Muttiah Muralitharan en Lasith Malinga gelaat het op ’n kolfblad waarop net 13 paaltjies in meer as 360 boulbeurte platgetrek kon word.

Dié twee het altesame 15 van die 20 Indiese paaltjies in Galle laat kantel, maar kon weens onderskeidelik uittrede en ’n besering nie oorweeg word nie.

Die laaste toets begin Dinsdag in Colombo.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 12-27°C A few showers. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 10-25°C A few showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 10-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool. PE: 14-19°C Showers late. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2009
R 158,791.00

VOLKSWAGEN

Touareg GP 3.0 V6 TDi 4x4 Dsl Tiptronic
2009
R 517,150.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.2 CRD MPV Dsl
2003
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WATERFALL

House R 18 000 000

EVERTON

House R 6 950 000

EVERTON

House R 4 999 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Women Food and God

Was R170.00 Now R144.50

Soos op Oprah gesien. Kry Geneen Roth se meesterstuk vandag nog.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...